Local News

Reffies se Rooivink Fees kook

Riaan Benadé, Pieter Smith en Fanus Pienaar het saamgespan om die gehoor vir meer as twee ure op hulle voete te hê.

POLOKWANE – Een van die mooiste klanke op ‘n skoolveld, is wanneer die leerders soos een man hulle gunstelingspan aanmoedig. Tweede op die lys is wanneer ‘n goeie musikant, met goeie klank- en ligtoerusting, op die verhoog staan en die gehoor vermaak.

Dit is dan ook juis wat Saterdagaand by die Rooivink Fees gebeur het. Riaan Benadé, Pieter Smith en Fanus Pienaar het saamgespan om die gehoor vir meer as twee ure op hulle voete te hê.

Dit was die tweede Rooivink Fees wat deur Akademie Reformia aangebied is. Hierdie jaarlikse instelling is gewild onder oud en jonk, aangesien dit ‘n familiekuier soos min is.

Met warm drankies in die mandjie, ‘n kampstoel en kombers, staan die koue nie ‘n kans teen die musiek nie.

Fanus het die aand afgeskop met ‘n paar van sy oorspronklike liedjies, insluitend Rigting Na Jou Hart en Luister Na Jou Hart. Nadat die gehoor goed opgewarm is, het Riaan Benadé die gehoor vermaak met sy bekende ballades.

Pieter Smith se Stukkie van der Merwe het verseker dat oud en jonk van hulle laaste oortollige energie ontslae raak.

Mariska Slabber, beheerliggaamlid vir bemarking, sê die aand was ‘n groot sukses.

“Ons kry baie goeie terugvoer en sien uit daarna om volgende jaar groter en beter te gaan. Ek wil almal bedank wat gehelp het om die aand so suksesvol te maak.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button