Laat plante groei met dié mis

Ronel Janse van Rensburg van GuanoBoost het die vroue tydens hulle maandelikse vergadering meer van hierdie produk vertel.

POLOKWANE – Die woord ‘guano’ is afkomstig van die Quechua-woord wat ‘mis’ beteken en dit verwys na die opgehoopte ontlasting van seevoëls, robbe en vlêrmuise.

Dit is egter ook baie goed vir die plante in jou tuin, het lede van die Pietersburg Tuinbouklub verlede Dinsdag geleer.

Ronel Janse van Rensburg van GuanoBoost het die vroue tydens hulle maandelikse vergadering meer van hierdie produk vertel.

“GuanoBoost is 100% organies en ‘n trots Suid-Afrikaanse produk. Dit brand nie die plante nie, so jy kan dit strooi en dan net water gee.”

Voël Eiland is ‘n mensgemaakte platform op die kus van Namibië wat as broeiplek vir seevoëls dien. Die guano, oftewel mis, word dan bymekaargemaak en verwerk om dit tuinvriendelik te maak.

“Dit beteken die produk bevat noodsaaklike asook nie-noodsaaklike voedingstowwe, fulviensuur en organiese koolstof. Dit is in die regte vorm sodat die plante en grond dit kan absorbeer.”

Ronel sê dit hou ongewenste insekte weg en is troeteldier- en kindervriendelik.

Alhoewel die nie welriekend is nie, gaan die reuk na ongeveer twee ure weg, het sy verduidelik.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version