Local News

Polokwane vrou vra hulp: ‘My broer moét hierheen’

‘n Inwoner van Polokwane, Marie Wright, sê alhoewel hulle dit nie finansieel breed het nie, het dit vir haar ‘n saak van dringendheid geword om haar broer wat in Gqeberha woon, hierheen te bring.

POLOKWANE – “Ek kan nie, ek kan nie, ek kan nie.”

Só gesels Marie Wright met trane in haar oë, soos sy haarself probeer moed inpraat om nie tou op te gee in die proses om haar broer, Buks Booyzen (57) na Polokwane te bring nie.

Marie is Buks se suster en het hom sedert babatyd versorg.

“Ek is die oudste van ses kinders en Buks is die jongste. Al ons ander broers en susters, en ons ouers is al oorlede. Ons het net mekaar oor.”

Buks woon tans in Gqeberha maar is sieklik en dit is daarom dat sy besluit het dit sou beter wees as hy na Polokwane verhuis.

“Hy woon in ‘n enkelkamer en het nie baie besittings nie. Hy sukkel met sy rug en om te loop, aangesien sy voete skeef gedraai het en geen gevoel het nie. Hy het ook probleme met sy linkerhand.”

Marie is bekommerd aangesien daar niemand is om na Buks om te sien nie.

“In Januarie was Buks by die ortopeet en dié het gehelp om hom by die regte mediese personeel uit te kry vir bloedtoetse en ‘n MRI-skandering.

Die dokter het vir hom gesê hy het ‘n kwaadaardige gewas en hy het in Maart met sy eerste chemobehandeling begin.”

Net voordat hy sy tweede ronde chemoterapiebehandeling kon ondergaan is Buks in die hospitaal opgeneem nadat hy erge pyn in sy bors begin ervaar het.

By die hospitaal is hy met ‘n infeksie in sy long gediagnoseer en hy is steeds in die hospitaal.

“Hy stuur gereeld vir my foto’s, en in die mees onlangse een kan jy sien is hy net vel en been. Hy het aan my genoem dat hy dink die kanker is in sy longe. Hy het baie pyn en ek is bekommerd oor hom. Hy kan nie alleen vir homself sorg nie.”

Marie sit egter nie agteroor en wag vir hulp nie, en het reeds planne begin maak.

“Ek het met ‘n vervoermaatskappy gereël om, sou hulle met ‘n leë trok vanaf Gqeberha af ry, of dalk plek het vir sy besittings, dit vir my na Polokwane sal bring.  Hulle het ongelukkig laat weet hulle kan nie help nie.  Nou begin ek van voor af planne maak. Ek sal my tyd so moet uitwerk sodat ek kan afvlieg en hom gaan haal, terugvlieg tot by O.R. Tambo en dan betyds wees vir die bussie na Polokwane. Dit is net te ver om te ry en sy liggaam sal dit nie kan hanteer nie. Dit is egter hier waar ons uitdagings inkom. Ek kry net ‘n Sassa-toelaag en het dit nie finansieel breed om so ver te reis nie.”

Marie sê sy en Buks het ‘n reëling dat hy elke oggend vir haar ‘n boodskap moet stuur.

“Ek is nie die tipe mens wat geld vra nie, maar ek het dit nou nodig om vir Buks huis toe te bring. Ek lê snags wakker en maak planne om hom te help.”

Marie het ‘n rekening oopgemaak vir skenkings:

  • Rekeningnaam: Emergency
  • Rekeningnommer: 1704184477.
  • Bank: Capitec.
For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button