Local News

André Fourie begin met chemo-sessies

André is net meer as drie weke gelede met 'n gewas op die brein gediagnoseer waarna hy na 'n sjirurg in Pretoria is om die gewas te verwyder.

POLOKWANE – André Fourie hou sy vriende, familie en kennisse op hoogte van sy gesondheid, deur sy daaglikse video op sosiale media platform TikTok.

Hy is net meer as drie weke gelede met ‘n gewas op die brein gediagnoseer waarna hy na ‘n sjirurg in Pretoria is om die gewas te verwyder.

Sy herstel was goed en hy is na net vier dae ontslaan.

Op 30 April, slegs twee weke na die operasie het hy ‘n afspraak by die hematoloog gehad wat bevind het die kanker het in die limfkliere ontstaan en na die brein versprei waar die gewas toe aggressief gegroei het.

“Aangesien die drukking van die gewas op my brein verlig is, het my toestand dadelik verbeter.”

Daar is besluit dat André met aggressiewe chemoterapiebehandeling moet begin.

Sodra die kanker in remissie is, kan hulle ‘n beenmurgoorplanting doen. Volgens die dokter is die behandeling baie gespesialiseerd en dus is ‘n staatshospitaal nie ‘n opsie nie.

Terwyl André sy eerste sakkies met chemoterapie ontvang, bly hy in die hospitaal en kry moed vanuit boodskappe wat vriende vir hom stuur.

“Hierdie is ‘n hobbelrige rit, maar dit gaan die moeite werd wees. Die chemo hou my vir ‘n paar dae in die hospitaal en dan kan ek vir so drie weke huis toe gaan. Tans hanteer my liggaam die behandeling goed. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat my gestel sterk is. Ons as familie bedank almal vir hulle gebede, boodskappe en ondersteuning.”

Ten tyde van sy laaste video was hy hoopvol om huis toe te gaan waar sy twee dogters vir hom wag.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button