Local News

Back a Buddy-rekening vir Leo (5)

Leo Smith (5) het vanjaar by Pietersburg Laerskool se gr. R-groep aangesluit en dit is hier waar sy juffrou besef het hy benodig ekstra hulp.

POLOKWANE – Die skoolklok lui en oral dop leerders uit, laggend en opgewonde om hulle ouers te sien. Daar word luidrugtig van maats afskeid geneem.

Leo Smith (5) loop egter stadig in sy pa, Trevor, se rigting, maar Leo se ogies het hul skitter verloor.

Trevor noem dat Leo gereeld vir sy ouers vertel dat hy nie maats het nie.

Hy het wel ‘n ouboet, Caleb (12), met wie hy tuis speel.

Leo is op 12 Oktober 2018 gebore, maar gedurende die swangerskap het sy ma, Tanya, ‘n infeksie opgedoen wat komplikasies veroorsaak het. Dit het veroorsaak dat Leo se gehoor aangetas is.

“As ek reg onthou was hy ‘n jaar-en-‘n-half oud toe hy begin praat het, en ons het later agtergekom hy spreek nie die woorde baie mooi uit nie. Ons het ook agtergekom hy hoor nie altyd as ons met hom praat nie. Hy het wel sy ander mylpale op die regte ouderdomme bereik.”

Leo het vanjaar by Pietersburg Laerskool se gr. R-groep aangesluit en dit is hier waar sy juffrou besef het hy benodig ekstra hulp.

Sy het vir Tanya en Trevor laat weet Leo se spraakvlak moet moontlik ook geëvalueer word.

“Ons het hom na ‘n spraak- en arbeidsterapeut geneem en dié het aanbeveel om hom na ‘n oudioloog te neem. Die oudioloog het vir ons gesê daar is ‘n matige gehoorverlies en ons aanbeveel om verdere toetse te laat doen sodat hulle kan bepaal watter gehoorstukkies gepas sal wees vir hom.”

Die knelpunte is Leo se uitspraak van woorde, sy fynmotories- en perspektiewe ontwikkeling en sy ouditiewe prossessering.

Die gesin is wel lede van ‘n mediese fonds, maar slegs ‘n gedeelte van die onkoste word gedek.

Die gesin benodig nog R80 000 vir verdere toetse, die gehoorstukkies en terapie.

Tanya werk voltyds en Trevor koop en verkoop items aan. Ongelukkig is die besigheid stil en kom daar nie soveel geld in soos hulle gehoop het nie.

Tanya het intussen ‘n Backabuddyrekening oopgemaak met die hoop dat mense sal help.

“Ons is gelowige mense en glo God sal altyd ‘n uitweg gee. In Fillippense 4:19: En my God sal ruimskoots in al julle behoeftes voorsien, in ooreenstemming met Sy heerlike rykdom in Christus Jesus. Want ons dien ‘n almagtige God.”

Die skakel vir dié rekening: https://www.backabuddy.co.za/campaign/hearing-for-leo

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button