Local News

Potjies prut by Moths

Stalletjies was alreeds vroegoggend opgeslaan en om 10:00 het die eerste gaste opgedaag.

POLOKWANE – Die Agbare Orde van die Staaldakke (Moths) se potjiekoskompetisie wat Saterdag by die Botha Skuilgat in die stad gehou is, het weer ‘n geleentheid gebied vir ou vriende om gesellig te verkeer en nuwe vriende te maak.

Stalletjies is al vroegoggend opgeslaan en teen 10:00 het die eerste gaste opgedaag om seker te maak dat hulle nie oorgeslaan word wanneer die potte uitgeskep word nie.

Hoewel die potjies se inhoud sekerlik die deurslag gegee het, is elke span ook beoordeel op grond van hul voorbereiding, uitleg van die stalletjie, die span se uitrustings en hul spangees.

Beoordelaars Rudolf Pretorius en Drikus Kruger het nie ‘n maklike taak gehad om te besluit watter span die wenners was nie, maar het ná baie proe saamgestem dat die potjie van die ‘Mix Nut’-span die wenner was.

Ben Vorster, Colin Edwards, Lenno Hartzenberg, Wikus de Beer en Spik Botha se ‘shank medley’ bestaande uit koedoe-, bees- en varkvleis met groente wat voorafgegaan is met knoffelslakke en afgesluit is met ‘n asynpoeding met room, het die deurslag gegee en gaste het tougestaan om ‘n bord van dié lekkerny te beproef.

Gerrit Visser en Wikus de Beer van die Wildmanspan was tweede met hul varkskenkelpot en souskluitjies as nagereg, terwyl Ian Fox, Derek Benadé en Reece en Kendal Fox van die Bushkamp se rooibokpotjie die derde plek ingeneem het.

Ernest Mocke en Juan Moelich van Sanlam se interessante lasagnepot was vierde en hulle het bewys dat ‘n potjie sommer in ‘n japtrap aanmekaargeslaan kan word.

‘Old Bill’ Anton le Roux het die wenners gelukgewens en bedank vir hul deelname.

“Die potjiekoskompetisie is een van ons fonsdinsamelingsprojekte en die opbrengs word onder andere aangewend vir die bestuur en onderhoud van die Peacehaven Behuisingsprojek wat deur die Botha Skuilgat ondersteun word,” het Le Roux gesê en Flying Pig, Midas, Wildman en Ian Fox bedank vir hul bydrae en borgskappe van die pryse.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button