Local News

Vriendskap en voëltjies by PHS-gholfdag

Volgens adjunkhoof en die dag se organiseerder, Corstiaan Vermaak, was die oogmerk om R100 000 in te samel.

POLOKWANE – PHS se jaarlikse gholfdag is Vrydag by die Polokwane Gholfklub gehou, met 120 spelers wat in vierbalformaat aan die dag meegemaak het.

Ricoh het as hoofborg opgetree en soos in die verlede was dié geldinsamelingsgeleentheid ‘n reuse sukses.

Volgens adjunkhoof en die dag se organiseerder, Corstiaan Vermaak, was die oogmerk om R100 000 in te samel.

Dié teiken is egter oorskry, en die R125 000 wat geïn is sal onder andere aangewend word om die skool se hoëprestasiesportsentrum uit te brei, en om die Pietie-hulpfonds te sterk.

“Die grootste gedeelte van die opbrengs sal egter aangewend word om alledaagse dinge op te gradeer sodat elke Pietie daarby kan baat. Die dag was ‘n baie groot sukses. Die besighede en individue wat geborg het en die dag kleur gegee het, het ‘n groot bydrae tot die sukses van die dag,” het Vermaak gesê.

Bertus Fouché het kort na die shotgun-afslaan sy eerste voëltjie aangeteken.

Anerett Grey Fisioterapeute het gesorg vir pret, met ‘n kompetisie waar spelers ‘n malvalekker in ‘n emmer moes inslaan.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button