Local News

PHS ruiters galop na SA’s

Die gevoel wat jy vroegoggend by ‘n skou ervaar, en adrenalien wanneer jy meeding, is wat hulle die meeste onthou.

POLOKWANE – Twee jong ruiters van Hoërskool Pietersburg is onlangs gekies om as deel van die Limpopospan aan die Suid-Afrikaanse jeugkampioenskappe deel te neem.

Jeanrie van der Merwe (16) en Chicago Ferreira (13) het vroeër die maand aan die South African Show Jumping (SASJ) Ranch Grading Show deelgeneem. Hulle is twee van vier ruiters wat Limpopo op 28 Junie tot 4 Julie in Shongweni, KwaZulu-Natal gaan verteenwoordig.

Chicago se perd, Jumping Jack, is 16 jaar oud, maar sy sê hy word ook liefdevol Angel Child genoem.

Jeanrie se eerste perd is ‘n boerperd met die naam Carmen.

“Ek was haar eerste ruiter. Ons het saam geleer hoe om te ry en ry steeds saam.”

Chicago sê trots dit is die tweede keer dat sy gekies is om aan dié kampioenskappe deel te neem. “Ek is baie geërd en dit is ‘n groot voorreg om gekies te word.”

Sy het as deel van die Limpopospan verlede jaar in dieselfde kompetisie tweede geëindig met ‘n podiumplek in die kampioenklas.

In die individueleklas, waarin soms meer as 50 ruiters deelneem, het sy sewende geëindig.

Chicago was slegs nege jaar oud toe sy aan haar eerste kompetisie saam met haar eerste perd, Lady, deelgeneem het. Hulle het by die Fourways Riding Centre kompetisie aangesluit en ‘n derde plek ontvang in die Showing Class.

Jeanrie was agt toe sy en Carmen saam begin ry het. Haar eerste skou was by Revil Stables.

“Om gekies te word vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe is ‘n groot eer en ek is dankbaar daarvoor. Dit was baie harde werk.”

Net soos met kinders is elke perd vir sy ruiter beter as enige ander perd. Chicago sê die feit dat sy altyd vir Jumping Jack kan vertrou, ongeag die situasie, laat haar veilig voel.

Jeanrie gaan nie saam met Carmen deelneem nie, maar is bevoorreg genoeg om vir Circular van Melinda Kannemeyer te leen vir die kompetisie.

“Hy is ‘n regte liefie en ‘n gentle giant wat my hart gesteel het. Hy spring fantasies.”

Die gevoel wat jy vroegoggend by ‘n skou ervaar, en adrenalien wanneer jy meeding, is wat hulle die meeste onthou.

Jeanrie se passie vir die sport het haar aan die begin deur moeilike tye op haar perd se rug gedra en sy sê sy het nooit verwag om so ver in die sport te vorder nie.

“Ek het heelwat trotse oomblikke, soos verlede jaar by die SA’s toe ek sewende gekom het. Dan was daar die oomblik toe ek die championship-kompetisie by Die Ranch Equestrian Skou gewen het. Dit was my eerste SASJ-kompetisie en ek was net 12 jaar oud. Dit was sekerlik een van my grootste uitdagings aangesien my afrigter haar been ‘n dag voor die kompetisie gebreek het en ek, namens haar, op haar perd ook gery het. Ek is gek oor ‘n uitdaging en sal daardie naweek nooit vergeet nie,” sê Chicago.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer. She holds a Diploma in Journalism and is passionate about sharing authentic stories and making a positive impact through those stories. Although her journey in journalism was unexpected, she found herself drawn to it from the very beginning. Despite an initial career in Digital Marketing and Communications, she has recently reignited her passion for journalism and is excited to be back in the field she loves. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that.

Related Articles

Back to top button