Local News
Bladsy propvol Piet-My-Vrou nuus
Hoërskool Pietersburg het verlede week die tweede uitgawe van hul koerant, die Piet My Vrou, gepubliseer en die studente het hul jongste nuus geniet.
POLOKWANE – Die tweede uitgawe van Hoërskool Pietersburg se koerant, Piet-My-Vrou, het verlede week die lig gesien.
View this post on Instagram
Dié skoolkoerant word deur jong Pieties en ‘n paar onderwysers saamgestel, en bevat nuus van alles wat op die skoolgrond, en soms op ‘n toer, gebeur.
Die Piet-My-Vrou is propvol foto’s van geleenthede soos Mnr. en Mej. PHS, die onderwyserskonsert en die Bosveld Intervarsity. Geheime word graag uitgelap en lesers kan die leerders beter leer ken.
Vir ouers en ander volwassenes is dié koerant ‘n goeie manier om bietjie insig ‘n tiener se leefwêreld te bekom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






