Local News

Warm applous vir Mnr. en Mej. Bibber

Op die vooraand van die skoolvakansie het Oosskool se Mnr. en Mej. Bibber-finaliste die res van die skool heerlik vermaak.

POLOKWANE – In die winter drink ‘n mens warm sjokolade, vou jouself knus toe in warm komberse en hou Mnr. en Mej. Bibber by Oosskool.

Donderdag, so op die vooraand van die skoolvakansie, het die Mnr. en Mej. Bibber-finaliste die res van die skool heerlik vermaak.

Die finaliste vir hierdie kompetisie is in gr. 5 en daar word twee deelnemers uit elke klas gekies om die verhoog te betree.

Hierdie jaar se finaliste was Zihan Wiggel, Ashely Sibley, Wiegardt du Toit, Jenna Kruger, Micah Kellerman, Jana Smit, Welrich Christou, Mika Bekker, Jordan Grobler, Mikayla Jacobs, Kyle Fallard en Kallista Krog.

Die beoordelaars het elke deelnemer op hulle informele loop, dans, antwoord op die vraag en die algehele indruk wat hulle gemaak het, beoordeel.

Met ‘n verhoog waar sneeumanne in die sneeu speel het Mika en Welrich gepas aangetrek in silwer en wollerige wit mussies.

Dié twee het die beoordelaars so beïndruk met hulle danspassies en skerp antwoorde op die vrae, dat hulle nie anders kon as om die krone aan hulle toe te ken nie.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button