Linda Gouws is gereed om die bal vir ‘n spanmaat te gooi.
POLOKWANE – ‘n Yskoue wind wat oor Akademie Reformia se sportvelde waai kon nie die opgewonde leerders, personeel en ouers van Akademie Reformia verlede week stuit om pret te hê nie.
Dit was Vrydagmiddag net na skool toe die Reffie Rondomtalie afgeskop het.
Linda Gouws is gereed om die bal vir ‘n spanmaat te gooi.
Jozelle Needham gooi die bal.
Pappa Llewellyn Fouché hardloop met die bal.
Natalie Gouws met die bal.
Daar was netbal- en rugbywedstryde met nuwe reëls om die wedstryde interessanter te maak.
Die ouers het in spanne saam, of teen, die leerders deelgeneem en heerlik gelag wanneer hulle val, ‘n bal misvang of sommer skop wanneer dit gegooi moes word.
Na afloop van al die wedstryde was daar ‘n prysuitdeling en ‘n heerlike worsbroodjie vir elkeen.
Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.