Local News

Hou ‘reünie’ saam met Frank Opperman

Frank Opperman se vertoning 'Reünie' is hierdie Julie in Polokwane waar sommige spreekbeurte is humoristies, ander dieper, veel meer ernstig en besinnend.

POLOKWANE – Die N.G. Kremetartgemeente bring vanjaar Frank Opperman se ‘Reünie’ na Polokwane.

Stel jou voor ‘n skoolreünie, waar elkeen ‘n spreekbeurt voor die mikrofoon kry en in ‘n hanswors verander.

Dit is dieselfde skoolsaal, maar dit is 44 jaar later vir die 1980-matriekgroep.

Dit is tyd vir hul 40 jaar-reünie, maar weens die Covid-pandemie kan hulle dit eers vier jaar later hou.

Die reünie word beleef deur die oë van Petrus Boshoff (Frank Opperman), wat as verteller optree. Basies gaan dit oor ‘n klomp mense vir wie jy darem een keer in jou lewe iets moet sê wat jou gepla het.

Sommige spreekbeurte is humoristies, ander dieper, veel meer ernstig en besinnend.

Vier-en-veertig jaar gelede het almal saam ‘n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer gesamentlik konfronteer. Met ‘n koelboks, die hulp van ‘n skoolbaadjie, ‘n paar trefwoorde en ‘n ander stemtoon gee Frank gestalte aan 15 verskillende karakters.

Dana Snyman en Frank Opperman het al verskeie kere kragte saamgesnoer in die skep van eenmanstukke.

Met Reünie is die sterk regisseurshand van De Klerk Oelofse bygevoeg.

Die vertoning vind op 12 Julie om 19:30 plaas. Kaartjies beloop tussen R150 en R180. Sitplekke is beperk. Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor of 015 295 8849 of by Veritas Rekenmeesters by 015 590 1000.

Vanaf 15:00 op dieselfde dag vind daar ‘n mini-basaar plaas met lekker kos, gebak, geskenke en ‘n tombolatafel.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer. She holds a Diploma in Journalism and is passionate about sharing authentic stories and making a positive impact through those stories. Although her journey in journalism was unexpected, she found herself drawn to it from the very beginning. Despite an initial career in Digital Marketing and Communications, she has recently reignited her passion for journalism and is excited to be back in the field she loves. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that.

Related Articles

Back to top button