Local News

Klein Roelf oppad Engeland toe vir wêreldkampioenskappe

Roelf, wat tans in Belfast Akademie op skool is en lid van die Bosveld Wedrenklub, het begin ry toe hy vier jaar en drie maande oud was.

MOKOPANE – Vir die jong renjaer Roelf Bezuidenhout was dit ‘n groot oomblik toe hy gekies is om aan die wêreldkampioenskappe in Ipswich, Engeland in die ninja midget-klas te gaan deelneem vanaf 6 tot 7 Julie.

Roelf, wat tans in Belfast Akademie op skool is en lid van die Bosveld Wedrenklub, het begin ry toe hy vier jaar en drie maande oud was.

Sy ouma, Christa, vertel dat dit ‘n familiesport is waarby oupa, pa, ma, ooms en niggies al betrokke was teen die tyd dat Roelf “die stuurwiel gevat het”.

Roelf Bezuidenhout is opgewonde om sy talent te gaan uitleef in Engeland.

“Daar was nooit druk op hom nie, ons het gewag dat hy op sy eie as renjaer ontwikkel,” vertel Christa. “Hy is ‘n nederige seun wat maats is met al die teenstanders teen wie hy meeding.”

Om keuring te kry vir die wêreldkampioenskappe was ‘n geweldige proses vir die gesin, verduidelik sy.

“Ons het in 2022, toe hy nege was, spesiale toestemming moes kry vir hom om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Hy was toe ook die jongste deelnemer. Die kinders mag eers deelneem in die jaar waarin hulle 10 word.”

Verlede jaar tydens die internasionale kampioenskap het 10 kinders van oorsee in Suid-Afrika kom toer.

“Daar was altesaam 31 deelnemers, so om te kon kwalifiseer moes die renjaers onder ‘n sekere ouderdom wees, en is die eerste twee wat in daardie ouderdomklas val, gekies om oor te gaan Engeland toe vir die wêreldkampioenskappe. Ons, oupa Roelf, pappa Hannes en mamma Chantelle Bezuidenhout het vir Roelf baie blootstelling gegee teen ander deelnemers en hom vertel van die geleentheid. Hy het vandat hy gehoor het daar is ‘n kans sy alles gegee en altyd sy beste gelewer. Baie harde werk is ingesit en hard gekonsentreer as daar met hom gepraat is. Ons is baie trots op hom omdat ons weet hoe hard hy gewerk het daarvoor.”

Die gesin bedank die Bosveld Wedrenklub, die renjaars en die ondersteuners langs die baan met hulle oop harte wat ingespring het om die geleentheid moontlik te maak vir Roelf.

“Dan ook ‘n groot dankie aan die Belfast Gholfklub vir die fondsinsameling wat hul gehou het en Matt Cohen vir die borgskap met sy toerusting. Julle het gehelp om sy droom te bewaar en hy is baie opgewonde daaroor. Dis ‘n geleentheid vir hom wat nie vir baie kinders beskore is nie.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button