Local News

Jo Black, broer in Polokwane vir Be That Guy-manneaand

Hulle organisasie, BTG Everyday Heroes, help kinders in hul grootwordjare om hulle volle potensiaal te bereik, en alledaagse helde in die samelewing te wees.

POLOKWANE – In elke stad en in elke skool is ‘n Jo of Willem – ‘n seun wat gedurig moeilikheid maak, ‘n aandagsoeker, ‘n rebelse, stukkende, seer seun met geen voorbeeld oor hoe om deur die lewe te gaan nie.

Die bekende sanger Jo Black en sy broer Willem Engelbrecht, was self twee seuns wat hierdie tipe leiding nodig gehad het in hul grootwordjare.

Later, na ‘n reeks verkeerde keuses, het een persoon egter in hulle lewens ingekom wat die wêreld vir hulle verander het.

Die broers het uiteindelik ‘n organisasie sonder winsbejag, BTG Everyday Heroes gestig, wat fokus op die sosiale ontwikkeling en opheffing van die jeug. Hulle streef daarna om kinders van alle vlakke uit die samelewing te bereik en te help om hul volle potensiaal te bereik en uit te leef om sodoende waardevolle lede en bydraers tot hul gemeenskappe te word.

“Vandag poog ons om die jeug van Suid-Afrika op ‘n beïnvloedbare ouderdom reeds te ontmoet en te leer, daar is hoop, en om hulle aan alternatiewe maniere van dinge benader bloot te stel,” vertel Jo.

Willem voeg by hulle herinner seuns aan wie hulle eintlik is.

“Ons hoop om deur die motiveringspraatjies en ingrypingskampe ons harte deur middel van verwante stories, lewenservarings, teleurstellings en die lesse wat ons geleer het, met die seuns te deel.”

Jo sê hulle hoofdoel is om positiewe kernwaardes te vestig, “om leerders aan te moedig om mekaar nie slegs met respek en integriteit te behandel nie, maar om ook ‘n gevoel van eiewaarde te omhels, om hulle te leer om daardie ou te wees of daardie meisie te wees. Basies, om ‘n alledaagse held te wees.”

Hulle praatjies is motiverend van aard en daar word gepoog om sosiale euwels soos afknouery, selfbesering en geweld aan te spreek, en om negatiewe gedrag uit te roei.

Jo en Willem kuier op 1 Augustus in Polokwane by Bolivia Lodge vir ‘n Be That Guy manneaand.

Die vertoning begin om 18:30 en kaartjies kos R4 500 vir ‘n tafel van 10 mans. Dit sluit ‘n ete in en daar is ‘n kontantkroeg.

Vir meer inligting, kontak Dian Venter by 079 858 7725, Ricardo Patricio by 083 320 7744 of Benhardt Gouws by 060 797 9816.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button