Local News

Kierieklapper, wat ‘n fees!

Die Kierieklapper Kunstefees het vanjaar weer ‘n hele paar hoogtepunte opgelewer soos Lizz Meiring wat die fees afgeskop het in Hoërskool Piet Potgieter se skoolsaal met haar produksie van ‘Een Keer is Genoeg’.

MOKOPANE – Die immergewilde Kierieklapper Kunstefees het vanjaar weer vir groot pret en baie vermaak gesorg.

Die lekker warm Bosveld-klimaat het jonk en oud aangemoedig om te deel in die wonderlike atmosfeer, en duisende feesgangers kon hulle verkyk aan alles en nog meer wat by die verskeie stalletjies aangebied is.

“Hierdie fees het sy uitdagings gehad, maar dit is vir my wonderlik om te bevestig dat die kaartjies uitverkoop was soos die feesgangers deur die hekke gestroom het,” vertel Hannetjie Bam, die bestuurder van die Dienssentrum vir Bejaardes.

Sy voeg by dat die fees jaarliks aangebied word as geldinsamelingsprojek vir die dienssentrum.

Die fees het vanjaar weer ‘n hele paar hoogtepunte opgelewer soos Lizz Meiring wat die fees afgeskop het in Hoërskool Piet Potgieter se skoolsaal met haar produksie van ‘Een Keer is Genoeg’, en waarmee sy beslis die gehoor se lagspiere geprikkel het.

Op die feesverhoog was Eloff, Samantha Leonard, Appel, Bernice West en Loufi ‘n groot trekpleister. Daar was natuurlik ‘n hele paar optredes wat groot skares gelok het: die trompoppies extravaganza waar sewe skole hulle talent kom wys het, die dansers van Z’s Dance School, asook die speletjies en danskompetisies wat gehou was.

Bee Bee die By het die jong klomp vroeg Saterdagoggend kom vermaak met ‘n vertoning en die jong gesiggies behoorlik laat straal.

Die Mej. Kierieklapper-kompetisie was vanjaar ‘n groot hoogtepunt met ’n totaal van 32 deelnemers.

Die modelle was uitgevat in hulle Wilde Afrika uitrustings wat vanjaar se tema was.

Wilhrisca Britz, Surette van der Berg en Jacqueline Jacobs was die beoordelaars en het behoorlik moes dink om ‘n wenner uit die groep te kies.

Vanjaar se Mej. Kierieklappertitel behoort aan Amoné Swart, en eerste prinses is Kayla Lubbe en tweede prinses is Luné Otto. Die Mev.

Kierieklappertitel gaan aan Elmarie Pool, met Ingrid Mhlari as eerste prinses en Vanessa Olivier as tweede prinses.

Sondagaand het Cordelia die vermaaklikheid afgesluit in die N.G. Hulp en Hoop Gemeenskapskerk.

Die komitee bedank die gemeenskap wat die fees ondersteun het asook al die borge wat betrokke was, alles ten bate van die Dienssentrum vir Bejaardes.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button