Local News

Kosmos Angels hou dag van bederf vir haweloses

Kosmos Angels sê die doel van die geleentheid is om hawelose mense vir een dag te bederf.

POLOKWANE – Jy sien hulle daagliks wanneer jy bestuur. Hulle bedel by die verkeerslig of stap doelloos iewers heen.

Dis die stad se straatbewonders, daardie mense wat voor winkelvensters op die sypaadjie slaap, wat hulle beddegoed moet wegsteek voor dit gesteel word.

Kosmos Angels, onder leiding van Bertie Nel, het verlede jaar ‘n aksie geloods waarin diegene wat op straat woon, hulleself kan was en skoonkry om ‘n bietjie menswaardigheid te kan terugkry.

“Ons nooi 100 hawelose mense uit die gemeenskap om op 26 Oktober van die geleentheid gebruik te maak om te kom stort. Die doel van die geleentheid is om hierdie mense vir een dag te bederf,” sê Nel.

Hy voeg by dat die mense ook hulle hare en baarde kan sny en daar sal vrywillers wees wat hulle hande en voete gaan bederf.

Andrew Doyle het ‘n perdesleepwa in ‘n stort omskep en elke persoon kry ‘n stel klere, onderklere en skoene.

“Daar word ook na hulle gesondheid omgesien met ‘n gesonde ete. Op geestelike vlak sal hulle ook berading ontvang.”

Daar sal ook ‘n koffiestasie, en varsgebakte pannekoek en kolwyntjies wees om aan te smul. Nel sê hulle het vir Sanca Limpopo genooi om beskikbaar te wees vir hulp

en ondersteuning.

Volgende items nodig:
• Mans- en vroueklere in verskillende groottes.
• Dames onderklere, verkieslik nuut.
• Mans lang- en kortbroeke.
• Hemde en T-hemde vir mans.
• Onderklere en kouse, verkieslik nuut.
• Hoede, pette en musse.

Skenkings kan by Mariza Pelser (van Heart-Drive/Heart-Cycle) of by Bertie Nel (066 226 5011) afgelewer word.

“Verlede jaar was ‘n groot sukses en het ons ses hawelose mense onder meer gehelp om by ‘n rehabilitasieprogram aan te sluit en weer hulle plek in die gemeenskap vol te staan. Vanjaar wil ons nog meer hawelose mense bereik,” het Nel afgesluit.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button