Local News

Oom Thys wag vir ’n uitkoms

Oom Thys is weer met kanker gediagnoseer na 'n besoek aan sy uroloog en benodig ondersteuning van die gemeenskap.

POLOKWANE – Wanneer ‘n mens die ouderdom van 76 jaar bereik het, is jy waarskynlik nie meer lus om jouself oor alledaagse dinge te bekommer nie. Jy is veronderstel om jou dae rustig in jou tuin of met ‘n goeie boek deur te bring.

Vir Oom Thys de Beer, is dit ongelukkig nie die geval nie.

Kort-kort, terwyl ons gesels, vertrek sy gesig van die pyn en soms sal hy selfs sê hoe seer hy het.

Oom Thys het in Polokwane grootgeword, waar hy sy hele lewe lank al woon.

Hy het sy vakleerlingskap by die Spoorweg voltooi en later van tyd op die myne gaan werk, vertel hy.

Tot en met die tyd dat hy siek geword het, het hy tydelik by ‘n vulstasie gewerk.

“Ek is reeds ‘n paar keer met verskillende soorte kanker gediagnoseer, maar was reeds in remissie. Onlangs het ‘n biopsie egter positief vir kanker gewys nadat ek by die uroloog was.”

Hy is na die Pietersburg Provinsiale Hospitaal verwys, waar ‘n dokter my moes sien.

“Na ‘n paar weke wat ek tevergeefs gewag het, het ek myself ontslaan. Ek het die versorging self aangepak, maar dit het net erger geword.”

Vir private mediese sorg gaan dit ten minste R60 000 kos, sê Oom Thys.

“Ek het uitgereik na ‘n oggendradioprogram vir hulp, maar bly maar aan hoop om iets te hoor. Ek is ‘n gelowige man en wag vir God om in te tree. Die pyn is egter ondraaglik. Ek kan nie meer netjies aantrek nie, ek dra net sweetpakbroeke, want dit is net gemakliker. Ek kan nie meer normaal funksioneer nie.”

Oom Thys ontvang slegs ‘n maatskaplike toelaag, en woon by Ons Tuiste.

Hy is vervreem van sy kinders en sê hy is heeltemal op sy eie.

Tot begin van die jaar het hy houtkruise gemaak en verkoop, maar dit het ook nou tot ‘n einde gekom.

Oor sy toekoms is Oom Thys baie onseker.

“Daar kan nou niks gedoen word voordat ek nie daai geld ingesamel het nie. Ek sal seker bestraling en chemoterapie ook moet ontvang.”

As jy kan help, hier is die bankbesonderhede:

Rekeningnaam: MJ de Beer.
Bank: Capitec
Rekeningnommer: 1431065135.

Om nader betrokke te raak, stuur ‘n e-pos na maretha@nmgroup.co.za.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button