Local News

Osies wys besigheidsvernuf

Die Gr 7-leerders het hul bemarkings- en verkoopsvaardighede tydens hul entrepreneursdag as deel van hul EBW-kurrikulum ten toon gestel.

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Oos se gr. 7-leerders het Vrydag ‘n entrepreneursdag by die skool gehou as deel van die ekonomiese en bestuurswetenskappe (EBW) kurrikulum.

Behalwe vir die sakebedrywighede was dit ‘n groot geleentheid, met altesaam 70 stalletjies waar leerders hulle items in groepe verkoop het.

Die graadgroep het drie weke gehad om vir die dag te beplan, en EBW-onnie Celeste Lange vertel dit het begin by marknavorsing.

“Hulle moes ‘n opname hou om te sien watter produkte hulle voornemende kopers sou koop, en hoeveel hulle bereid sou wees om te betaal. Hulle moes ook ‘n swot-analise doen om te sien waar hulle konsep se sterk punte en tekortkominge is.”

Daarby moes leerders ook ‘n kontrolelys hê waarop aankope, asook verkope aangedui is.

Sy vertel dat die tydfaktor ‘n groot oorweging was.

“Die leerders moes alles self hanteer, sonder om hul ouers te betrek – van die stalletjies opslaan tot die bemarking en verkope self.”

Die grootste les, is dat die leerders doelwitte moes hê en leer hoe om daarby uit te kom.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button