Local News

Superhelde samel geld in vir DBV

PLS-leerders was werklike superhelde toe hulle hul entrepreneursdag gehou het en geld ingesamel om aan die DBV te skenk.

POLOKWANE – Soms verg dit helde, selfs superhelde, om ‘n verskil te maak en ander kere verg dit sommernet laerskoolleerders wat ‘n dag vol pret en plesier het.

By Pietersburg Laerskool het die leerders Vrydag entrepeneursdag gehou en daarmee saam ook soos superhelde aangetrek.

Hulle het aan ‘n inkleurkompetisie deelgeneem en ook lootjies gekoop met die hoop om nie net self ‘n prys te wen nie, maar ook genoeg geld bymekaar te maak om aan die DBV te skenk.

Aan die einde van die dag kon die skool R4 000 aan die DBV skenk.

Die wenners van die lootjies wen onderskeidelik ‘n geslagte lam en biltongmandjies vir die tweede en derde pryse.

Leerders uit elke graad het ook pryse ontvang vir hulle superhelduitrustings.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button