Local News

Jongspan bederf vir oupas en oumas

Akademie Reformia se Kleinbegin Kleuterskool het verlede week hul jaarlikse Oupa en Ouma Dag aangebied om die spesiale mense in kinders se lewens te herdenk.

POLOKWANE – Oupas en Oumas is daardie mense wat kinders toelaat om aan soetgoed te smul ‘n halfuur voor aandete. Hulle is daardie mense wat trane afvee en altyd die einas raaksien.

Om hierdie mense in hulle kleinkinders se lewens te herdenk, het Akademie Reformia se Kleinbegin Kleuterskool verlede week hulle jaarlikse Oupa-en-Oumadag aangebied.

Soos die eregaste wat hulle is, het die oumas en oupas in die banke ingeskuif, gereed vir ‘n oggend om te onthou.

Die kleuters het hulle verwelkom met liedjies en gediggies waarna daar ‘n speletjie gespeel is.

Tydens die speletjie word die kleuters ‘n vraag gevra en oupa en ouma moet raai wat die kleuters sal antwoord.

Vrae soos, ‘wil jy eerder ‘n vinnige of ‘n slim maatjie hê’, ‘weet jy waar jou nek is’ en ‘hou olifante van roomys’, is van die vrae wat aan die kleuters gestel is.

Na afloop van die verrigtinge, kon die oumas en oupas heerlike sop en broodjies geniet terwyl die kleuters aan soetgoed kon smul.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button