Local News

Grootoog Osies op die verhoog

Na maande se oefening het die grondslagfase leerders van Oosskool die gehoor bederf met danspassies op bekende Afrikaanse snitte.

POLOKWANE – Grondslagfaseleerders van Oosskool het verlede week revue gehou en die gehore behoorlik bederf met Afrikaanse treffers soos Braaf soos ‘n Boerboel, Toer om die Vloer en Liefdegenerasie.

Die optredes is afgeskop met die dansgroep wat op ‘Afrikaners is Plesierig’ dans en net daarna was Lia en Mieke van der Walt Vinkel en Koljander met hulle dialoog.

Die dansgroep het aan die gehoor gewys hoe die Afrikaner maak as Bernice West en Bok van Blerk sing, ‘Die Afrikaner Maak So’.

Nadat Jayden Gouws en Anrich du Toit hulle kans op die verhoog in ‘n samespraak gehad het, het die gr. 2‘s die revue amptelik oopgestel vir die klasse om te dans.

Kettie (PW Griesel) en Klip (RJ Odendaal) het Klip se Afrikaanspunte deur middel van idiome bespreek en die vier Jêmbekkies het ook hulle sê op die verhoog gesê.

Die personeel het die gehoor laat skater met hulle optrede van ‘Op die trein na Pretoria’, waar hulle ‘n jonger groep onderwysers ontmoet wat hulle touwys gemaak het oor hoe om in hulle taal te dans.

Na maande se oefening en bykans ‘n week se optrede, kan leerders en onderwysers terugkyk op ‘n baie suksesvolle revue.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button