Local News

Isak se passie skiet in die kol

Isak van der Schyff, 'n gr. 9-boogskutter van PHS, het Limpopo tydens die Interprovinsiale Boogskietkompetisie in Kimberley verteenwoordig.

POLOKWANE – Menige jong seun droom daarvan om met ‘n .308 Winchester ‘n bok vir die pot te skiet.

Isak van der Schyff aan die ander kant, skiet eerder die modelvorm van die verskillende diere, met ‘n boog.

Dié gr.9-skut van PHS het vanaf 25-28 September aan die AGA boogskiet in Kimberley deelgeneem en Limpopo tydens die interprovinsiale kompetisie verteenwoordig.

Hy het ook sy skool tydens die interskole kompetisie verteenwoordig.

Isak het sy boogskietloopbaan in gr.4 begin toe hy by sy laerskool, Laerskool Bosveld, aan die sportsoort blootgestel is. Hy onthou hoe daar heelwat gr.4-leerders was wat ook deelgeneem het.

“Die kompetisie in Kimberley was die Africa Genesis Archery South Africa en dit was ‘n interessante week. Ons het in drie verskillende vliegtuigloodse geskiet, almal op een slag. Dit het ook baie erg gereën, wat die kompetisie moeilik gemaak het. Die pyle was vol modder en ons groepering was nie soos dit moes wees nie.” Isak oefen gereeld met die boog en sê die lekkerste is om tussen mense te wees, te skiet “en nie moeilikheid op te tel nie”.

Die moeilikste, vertel hy, is wanneer die weer nie in jou guns is nie. “Ons het ses teikens gehad wat ‘n meter uit mekaar staan. Die diere is in 3D-formaat en lyk soos die regte dier. Daar was ‘n hiëna, bosbok, bobbejaan, ystervark, vlakvark en bosbok. Dit was hier waar die reën dit uitdagend gemaak het.”

Sy eerste interprovinsiale boogskietkampioenskappe het hy tydens sy gr.7-jaar in die Paarl bygewoon, waar hy ‘n tweede plek in die 3D-junior seunsafdeling, ‘n tweede plek in die junior seuns ‘bull’s eye’-afdeling asook ‘n algehele tweede plek behaal het. Sy volgende kompetisie is eers in Maart.

Oor wat die boog en pyle kos, kan Isak nie presies sê nie, maar hy sê wel dat ‘n mens dit teen ‘n redelike prys tweedehands kan koop.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button