Nog ‘n lang herstelpad wag op Odette
Odette is reeds uit die intensiewesorgeenheid oorgeplaas na 'n gewone saal in Tzaneen hospitaal, nadat sy reeds twee keer geopereer is.
MOKOPANE – Odette Pohl (22) wat op 28 September ernstig beseer is in ‘n motorbotsing, het nog ‘n lang pad van herstel wat voorlê.
Odette is reeds uit die intensiewesorgeenheid oorgeplaas na ‘n gewone saal in Tzaneen hospitaal, nadat sy reeds twee keer geopereer is.
“As jy die tye bymekaar tel was Odette reeds meer as 24 uur in teater,” verduidelik haar ma Corné. “Sy herstel baie mooi maar dit gaan maar stadig.”
Bosveld het voorheen berig dat Odette en haar vriend Lourens Kruger (26) in ‘n trompopbotsing op die R518 tussen Mokopane en Zebediela betrokke was.
Lees meer: Odette Pohl nog in hospitaal, botsing eis vriend
Die beseerdes was na die Voortrekker Hospitaal geneem, maar van die beserings was so ernstig dat van die persone ook na ander hospitale oorgeplaas is.
Odette het veelvuldige frakture aan beide hakke, haar knie, skouer en elmboog opgedoen asook ernstige beserings aan haar mond en sy was behandel vir inwendige bloeding.
Sy was in daardie stadium onder verdowing en haar toestand was stabiel.
Corné het weereens die gemeenskappe van Mookgophong, Mokopane en Tzaneen bedank dat hul hul harte oopgemaak het.
“Ons het sover duisende rande bestee aan mediese uitgawes en as alles goed gaan kan Odette die naweek ontslaan word, maar dan volg die nasorg.” Sy voeg by dat hulle nog onseker is oor wat die nasorg alles gaan behels en waar die koste gaan eindig.
Enigeen wat ‘n bydrae wil maak vir Odette se nasorg kan die volgende bankbesonderhede gebruik:
Rekeningnaam: AC Pohl.
Bank: Capitec bank.
Rekeningnommer: 2244245280.
Tipe: Spaarrekening.




