Local News

Bewusmaking oor disleksie

Edublox en King Price het 'n veldtog van stapel gestuur om bewustheid van disleksie te verhoog en ondersteuning aan leerders, ouers en onderwysers te bied.

POLOKWANE – Elke Oktober word Disleksie Bewusmakingsmaand gevier en op 8 Oktober is die Disleksie Bewusmakingsdag.

Die tema vir hierdie jaar is Stronger Together. Volgens Edublox.co.za is daar nie ‘n universeel-erkende definisie van disleksie nie, maar die Wêreldfederasie van Neurologie beskryf dit as ‘n versteuring wat deur probleme om te leer lees ten spyte van normale onderrig, voldoende intelligensie en sosiokulturele hulp, gemanifesteer word.

Om bewusmaking meer te maak, het Edublox en King Price saamgespan om ‘n veldtog te loots met die doel om bewustheid van disleksie te verhoog en ondersteuning aan leerders, ouers en onderwysers te bied.

Hierdie ondersteuning is in die vorm van noodsaaklike leeshulpmiddels wat aanlyn leesbiblioteekintekeninge en skryfbehoeftes gratis aan skole landswyd te versprei.

Die veldtog sluit ook ‘n gratis tweedelige webinarreeks, aangebied deur leerbehoeftespesialis, Hannelie Brönner, wat fokus op vroeë identifikasie en intervensiestrategieë vir disleksie.

“Hierdie vennootskap stel ons in staat om uit te reik en ‘n betekenisvolle verskil in die lewens van leerders met disleksie te maak. Ons is opgewonde om ‘n lig van hoop te laat skyn. Ouers staar dikwels die ontmoedigende oortuiging in die gesig dat daar geen oplossings is nie, maar ons is hier om meer opsies te bied en deure na nuwe moontlikhede oop te maak,” sê Valerie Warde, Edublox se veldtogleier.

Lizani Muller, opvoedkundige praktisyn sê hierdie inisiatief het ten doel om leerders met disleksie te ondersteun en beter geletterdheid vir alle studente te bevorder.

Simptome van disleksie:

• Die omdraai van letters (verwar b en d).
• Om letters in die verkeerde volgorde te plaas.
• Weglatings van letters.
• Spel woorde soos hulle klink.
• Lees stadig en huiwerig.
• Lees met swak begrip.
• Hulle het ‘n swak handskrif.

Feite van disleksie:

1. Daar is twee hoof tipes disleksie naamlik oppervlakdisleksie en visuele disleksie, wat leesprobleme beskryf en ouditiewe verwerkingsprobleme wat met leesagterstande te doen het.
2. Een uit vyf mense is disleksies.
3. Mense met disleksie sien nie die letters en woorde agteruit nie.
4. Verskeie studies het getoon die persoon met disleksie se brein verskil van die daarsonder.
5. Kognitiewe opleiding is waarskynlik die doeltreffendste behandel vir disleksie.

Hoe om betrokke te raak:
• Leer meer oor disleksie, die tekens daarvan en die uitdagings wat ouers, kinders en onderwysers in die gesig staar.
• Moenie bang wees om inligting te deel nie. Dit sluit in disleksie-verwante hulpbronne, stories en artikels op sosiale media.
• Maak voorspraak vir opvoedkundige praktyke, wat kinders met disleksie ondersteun, soos om toegang van ondersteunende tegnologie en disleksie-vriendelike onderrigmetodes te verskaf.
• Reël en organiseer bewusmakingsgeleenthede soos werkswinkels of seminare wat fokus op disleksie.
• Ondersteun organisasies vir mense met disleksie soos om vrywilliger werk te doen.

Wees bewus van die disleksie-sterkpunte, die unieke talente soos kreatiwiteit, probleemoplossing en buite-die-boks
denke.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button