Local News

Hokkieliefde blom met stok of fluitjie

Malinda Swart (18) van Hoërskool Pietersburg het besluit om die fluitjie nader te trek toe sy vir ‘n jaar, vanweë beserings, nie kon hokkie speel nie.

POLOKWANE – Malinda Swart (18) is net so tuis met haar hokkiestok soos met die skeidsregterfluitjie.

Dié gr.12-leerder van Hoërskool Pietersburg het besluit om die fluitjie nader te trek toe sy vir ‘n jaar, vanweë beserings, nie kon hokkie speel nie.

“Ek wou nie van die veld af wees nie en het toe besluit om ‘n skeidsregter te word. Ek het verskeie aanlyntoetse afgelê en my vlak een skeidsregterskwalifikasie behaal.”

Die hokkiegogga het haar op laerskool by Oosskool reeds gebyt en sy sê die lekkerste deel van hokkie is die spanwerk. Sy speel doelwagter en erken dit is nie lekker om ‘n bal te mis nie.

“Hokkie leer jou om nederig te wees en altyd kalm te bly. Jy moet rustig wees, anders maak jy foute.”

Oor beserings kan Malinda boeke skryf aangesien sy al twee keer ‘n dyspier geskeur het. Sy het ook al haar rug seer gemaak en ‘n kopbesering op gedoen.

Die beserings het beslis nie haar liefde vir die sport gedemp nie en vandag droom sy om by die Olimpiese Spele skeidsregter te wees vir beide die mans- en vrouehokkiewedstryde.

Sy is elke oomblik wat sy kan, op die astroturfbaan en deel haar doelwagterposisie met haar niggie, Johané Kruger, en haar kêrel, Christopher Thom aangesien hulle ook in hierdie posisie uitblik.

“Die lekkerste van skeidsregter wees is om dit wat jy weet aan ander oor te dra en hulle so veilig te hou. Ek hou daarvan om vir die eerstespanseuns te blaas en my rol model is Monique Potgieter.”

Malinda beoog om volgende jaar steeds aktief hokkie te speel en as skeidsregter op te tree.

Sy gaan deur Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros) studeer terwyl sy werk en haar liefde vir kinders met spesiale behoeftes beteken dat sy grondslagonderwys gaan studeer.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button