Local News

Mokopane maak hande en beursies oop vir Dezi

Bosveld het voorheen berig dat die liefdevolle 10-jarige meisie, wat reeds sedert 2022 aan nierversaking ly, tans 12 ure per dag dialise ontvang terwyl daar gewag word vir die uitslae.

MOKOPANE – Dezaray van Huyssteen, beter bekend as Dezi, en haar ouers, Basie en Makkie stap daagliks ‘n moeilike pad om die mediese en finansiële uitdagings te hanteer.

Bosveld het voorheen berig dat die liefdevolle 10-jarige meisie, wat reeds sedert 2022 aan nierversaking ly, tans 12 ure per dag dialise ontvang terwyl daar gewag word vir die uitslae.

Lees ook: Dezi (9) het Mokopane se hulp nodig

Kristalle is gediagnoseer op Dezi se niere en as die probleem geneties is mag ‘n geskikte skenker nie direk uit haar familie kom nie.

Daar is ook ‘n vermoede dat Dezi aan ‘n seldsame siekte ly en dit moontlik die rede is dat dokters van haar bloed na die VS wil stuur vir toetse.

Dezi se toestand behels gereelde hospitaalverblyf, mediese behandeling ook die aanskaf van duur medikasie en ‘n streng eetplan en ‘n radikale bedrag is nodig vir toekomstige uitgawes.

Jakaranda FM se Good Morning Angels-program het onlangs te hore gekom van Dezi se uitdagings en haar ouers gekontak.

Lees ook: Mokopane maak harte oop vir moedige Dezi

Basie het aan omroeper Martin Bester vertel dat hulle wel aan ‘n mediese fonds behoort, maar dat alle koste nie gedek word nie. Dezi is ook op ‘n spesiale eetplan.

Hy het ook bevestig dat indien die probleem geneties is, daar wel behanding is, sou die toetse positief terugkom, maar dat hierdie behandeling baie duur is.

Die ander opsie is dat haar naam op ‘n waglys geplaas word vir ‘n geskikte skenker.

Martin het die wonderlike nuus met die gesin gedeel dat Anglo American Platinum Mogalakwena Mine jaarliks die Bushveld Classic Gholfdag Saterdag aangebied het, juis om fondse in te samel wat teruggeploeg word in die gemeenskap, en vanjaar het die myn besluit om aan Dezi R100 000 te skenk om die gesin by te staan.

Daar is ook ‘n teddiebeer opgeveil vir R45 000 vir die doel.

‘n Baie emosionele Basie en Makkie het nie woorde gehad nie.

“Ons kan nie genoeg dankie sê nie, nie net vir die skenking van die myn nie maar ook aan die wonderlike mense in die dorp wat net hande gevat het en bly help om geld bymekaar te kry.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button