Local News

Tatoeëermerke vir honde se ooglede

Tatoeëerkunstenaar span kragte saam met veearts om kanker by honde te voorkom deur hul ooglede met beskermende pigment te tatoeëer.

POLOKWANE – Diereliefhebbers se honde is dikwels vir hulle soos kinders, en hulle sal bykans enigiets doen om hulle lewens makliker en beter te maak. Maar hoeveel sal sover gaan as om hulle ooglede met permanente ink te laat donker maak?

Vera Smit, die eienaar van V-inked, het onlangs die geleentheid gehad om twee Dogo Argentinos, Julia en Azul, se ooglede met haar tatoeëernaald by te kom – alles vir ‘n goeie doel.

“Dr. Sarah Peters is die veearts by Tzaneen se Serala Dierekliniek en sy het my gevra of ek kans sien om dit te doen. Ek tatoeëer al agt jaar vroue se ooglede en ek was gereed vir ‘n uitdaging. Aangesien ek self al twee honde weens kanker verloor het, wou ek graag help.”

Die Johannesburg se Animal Eye Hospital het, na deurlopende navorsing verklaar dat hulle wel troeteldiere met pigmentlosevelle, sal tattoeër met die doel om die diere te help.

Hulle verduidelik hoe tatoeëring kanker in honde kan voorkom:
Honde wat veral die gevaar loop om kanker op te doen, is dié wat wit of pienk velle het.

Hulle is sonder donker melanien pigment op hulle ooglede, neuse en ore – en dit beteken die son beskadig daardie dele van die dier vinniger.

Vera het gaan oplees en so geleer dat sy tattoeëerpigment moet gebruik en nie permanente grimering nie, aangesien daar ‘n verskil is.

“Die twee honde is uit dieselfde werpsel. Sarah het aan my genoem dat sodra sy ‘n rukkie in die veld was, die hond se ooglede rooi gebrand was. Die ander een is ‘n kliënt se hond wat met dieselfde probleem gesit het.”

Die honde is in die teater onder narkose gesit en die proses het ‘n uur per hond geduur. Aangesien hulle ooglede dikker as mense s’n is, en hulle onder narkose is, is die proses makliker.

“Ek was nog in die teater toe Julia wakker word. Haar oë het haar glad nie gepla nie. Die nasorg en die swelling is twee uitdagings wat ek moes oorkom. Die area moet verkieslik klam gehou word en dis moeilik met woefies. Maar Sarah het vir hulle spesiale oogdruppels gegee en iets om swelling te beheer.”

https://animaleyehospital.co.za/Tattooing/
https://vanwijkstreetvet.co.za/care-guides/tattooing-your-pets/

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button