Local News

Op sy ysterperd kuier dr. Andre Hattingh in Limpopo

Die goeie nuus is dat dr. André op 20 Februarie weer hierlangs gaan verbykom, maar vanjaar ry hy en sy span op motorfietse.

MOKOPANE – Verlede jaar het die dorp se inwoners met groot opgewondenheid gewag vir dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa om die dorp op ‘n trekker binne te ry na sy groot missie.

Die goeie nuus is dat dr. André op 20 Februarie weer hierlangs gaan verbykom, maar vanjaar ry hy en sy span op motorfietse.

Polokwane Observer het voorheen berig dat André in 1994 gekwalifiseer het as ‘n neurochirurg en het hy ‘n draai in Rwanda gaan maak in die tyd van die volksmoorde.

Lees ook: ‘Vir die kinders’ – dr. Hattingh stop in Mokopane

Dit was vir hom ‘n bitter pil om te sluk, toe hy opgemerk het dat daar niemand was wat aandag en hulp aan die kinders verleen het nie.

“Dit het my hart diep getref. Daar was ongeveer 36 000 kinders doodgemaak in daardie tyd.”

Hy het bygevoeg dat, vir elke kind wat doodgemaak is, daar sowat sewe ernstig beseer was. Hy het net daar die belofte afgelê om eendag – sou dit hom beskore wees – kinders te help.

“Dis waar die gedagte van Pediatric Care Afrika ontstaan het. Deur my loopbaan het ek geleer wat die beste manier is om ‘n nie-regeringsinstansie te bedryf, en in 2016 het ek die leisels oorgegee en voltyds, met my vrou se ondersteuning, my fokus geplaas op die behandeling van kinders. Omdat Pediatric Care Africa ‘n nie-winsgewende organisasie is doen die span allerhande fondsinsamelingsveldtogte. Die motorfietsrit gaan ingespan word vir kinders wat duur operasies moet ondergaan, om mense bewus te maak van die hoeveelheid kinders wat jaarliks vermoor word in Suid-Afrika en dan ook om die buiteland se fokus te plaas op plaasmoorde.”

Tydens verlede jaar se trekkerrit het die ontvangs langs die pad dr. André aangespoor om die kilometers met oorgawe aan te pak.

“Mense waai vir jou, ander druk toeter en gee pad dat jy kan verbykom. Dit laat ‘n mens se hart so lekker voel en dit is ‘n ongelooflike aansporing.”

Hy vra dat die dokters in Mokopane hande vat en help om van die projek ‘n sukses te maak, en hy nooi ook die motorfietsryers uit om saam met hom te ry. Indien daar enige donasies is, sal dit welkom wees.

Vir navrae, kontak vir Mandy Pieters by 072 034 0544.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button