Local News

Voortrekker Monument gee haar kunsprjek lewe

Kiara van Dyk (12) van Akademie Reformia het met ‘n kunsprojek van herwinbare items, die Voortrekker Monument tot lewe gebring.

POLOKWANE – Kiara van Dyk (12) is ‘n leerder by Akademie Reformia en een van die vakke wat sy neem, is kuns.

Toe dié klas verlede jaar die opdrag kry om enige gebou van hulle keuse uit herwinbare materiaal te maak, was die Voortrekker Monument haar eerste gedagte.

“Ek is ‘n Afrikaner en ek hou van geskiedenis. Ek geniet Afrikaanse stories en wil meer leer van die kultuur. Dus het ek op die Voortrekker Monument besluit,” vertel sy.

Kiara het haar kunsjuffrou, Jané Dippenaar, se opdrag saam met dit wat sy by haar Afrikaanse juffrou, Lana Roos, geleer het, bymekaar gebring en so het die monument vinnig vorm aangeneem.

Kiara was nog nooit self by die Voortrekker Monument nie en het dié driedimensionele gebou met die hulp van foto’s gebou.

Sy sê haar ma, Martina, het net gehelp deur gate met ‘n skerp lem in te sny, maar die res het sy self gedoen.

“Ek het die Vrydagmiddag begin om die koerantpapier op te rol en Saterdagmiddag het ek alles begin plak. Ek het amper nie klaar gekry nie. Gelukkig was daar genoeg tyd om die projek te verf voordat ek dit moes inhandig.”

Kiara sê hulle gesin het op 16 Desember na die monument gegaan en sy het die uitstappie baie geniet.

Haar maats het dieselfde opdrag gekry en het onder andere ‘n malvalekker igloe, wensfontein met liggies, watertenkstaander, polisiestasie, ligtoring en ‘n boesmanhuis kompleet met diere, gemaak.

Sy sê sy bêre die meeste van haar projekte, “maar soms breek dit en dan moet ek dit weggooi”.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button