Local NewsSensitive Content

Mokopane: Polisie slaan toe op stropers

Vier verdagtes is naby Zebediela in hegtenis geneem nadat die polisie ’n vars nyala-karkas en twee gelisensieerde vuurwapens in hul voertuig gevind het.

MOKOPANE – Die Distik Landbou Unie (DLU) se veiligheidsnetwerk het inligting ontvang oor ‘n wit Toyota Hilux wat daarvan verdink word dat hy betrokke is by stropery in die Immerpan-gebied. Die inligting is dringend opgevolg voordat die bewyse kon verdwyn en gedurende die vroeë oggendure van 30 September is die voertuig geïdentifiseer.

Vier verdagtes in hegtenis geneem

Omstreeks 02:30 is die voertuig deur Zebediela polisie onderskep met die ondersteuning van gemeenskapslede en die Vlakte-patrollieprojek.

Tydens die onderskepping het vier verdagtes probeer vlug, maar deur die vinnige optrede van die polisie en gemeenskapslede, is hulle vasgetrek en in hegtenis geneem.

Nyala-karkas en vuurwapens gevind

Die polisie het beslag gelê op twee gelisensieerde vuurwapens wat vermoedelik gebruik is in die stroping van die Nyala-bul.

Die polisie het die voertuig ondersoek en beslag gelê op twee gelisensieerde vuurwapens en die vars karkas van ‘n Nyala-bul.

Verdere ondersoek het aangedui dat die Nyala na bewering op ‘n plaas tussen Mokopane en Zebediela geskiet is. Bewyse op die toneel het aangedui dat die plaas se heining geknip is en dat die dier van die eiendom verwyder is.

Ondersoek na vermeende stropery duur voort

Die omstandighede rondom die voorval, insluitend die vuurwapens en die vermoedelike onwettige jag van die Nyala, word steeds ondersoek en die DLU bevestig dat hierdie nie ‘n geïsoleerde geval was nie.

“Die betrokkenheid en inligting van die gemeenskap, die veiligheidspanne en die polisie maak ‘n daadwerklike verskil in die beveiliging van die gebied.”

Die ondersoek duur voort.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button