Local News

Geliefde Mokopane inwoner Johann Hattingh tragies oorlede

Daar is Donderdag op hom geskiet en sy bakkie het teen ń boom tot stilstand gekom.

MOKOPANE – Geliefde inwoner Johann Hattingh (38) het verlede Donderdag tragies omgekom nadat daar in die oggendure op hom geskiet is waar hy in sy voertuig op pad was.

Opsporingstoestelle toon dat sy bakkie in Thabo Mbeki-rylaan gery het, links gedraai het in De Klerkstraat, en weer links by Van Heerdenstraat, waar die skote afgevuur is.

Johann Hattingh se bakkie het teen ‘n boom tot stilstand gekom nadat die skote geklap het.

Die voertuig het uiteindelik teen ‘n boom tot stilstand gekom.

Die polisie is na die toneel ontbied en het Hattingh in sy bakkie aangetref.

Geen arrestasies is nog gemaak nie, en die polisie-ondersoek duur voort.

Die familie versoek dat hul privaatheid gerespekteer word in hulle tyd van rou.

Sy begrafnis word beplan vir 28 Februarie.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button