Local News

Spelers rol balle vir goeie doel

Vrydag is die Rol 'n Bol Jol deur die Pietersburg United Charity Fund by die Polokwane Rolbalklub aangebied met spanne van verskillende organisasies in die stad wat deelgeneem het

POLOKWANE – Daar is min maniere om ‘n besige week af te sluit soos om ‘n heerlike rondte vriendelike rolbal te speel.

Wanneer jy dit nog ten bate van mense in nood doen, is dit soveel lekkerder.

Vrydag is die Rol ‘n Bol Jol deur die Pietersburg United Charity Fund by die Polokwane Rolbalklub aangebied met spanne van verskillende organisasies in die stad wat deelgeneem het.

Besighede het betrokke geraak deur ‘n baan te borg, pryse te skenk of op enige ander moontlike manier by te dra.

Alle geld en skenkings gaan na die onderskeie plaaslike organisasies of groepe wat deur die Charity Fund ondersteun word.

Begunstigdes sluit in behoeftige kinders van verskillende hoër- en laerskole, hulle gesinne, bejaardeversorgingsentrums en instansies wat ‘n veilige hawe bied vir mishandelde vroue en kinders.

Die pret het reeds vroegmiddag begin met die leer van die basiese reëls en oefenrondes.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button