Borg bord kos vir Abraham Kriel Kinderhuis
Die personeel van die Abraham Kriel Kinderhuis in Modimolle vra die gemeenskap om 'n gebalanseerde bord kos te borg teen ongeveer R50 'n bord.

MOKOPANE – Sedert die ontstaan van die Abraham Kriel Kinderhuis in Modimolle in 1959 was daar al soveel kinders wat ‘n hegte band met die kinderhuispersoneel gebou het.
Die visie van die kinderhuis is om alles wat hul doen te sentreer rondom die kinders en hul fisieke en emosionele welstand, en die personeel sien met liefde om na kinders tussen die ouderdomme van 18 maande en 19 jaar en sorg dat hulle gelukkige gesonde en goedaangepaste lede van die gemeenskap word.
Weens beperkte staatshulp is die kinderhuis afhanklik van skenkings en hoewel die kinderhuis nie luukshede aan die kinders kan verskaf nie word hul met waardes die grootmenswerêld ingestuur.
Om te help met bykomende finansiële ondersteuning, het die kinderhuis die ‘Borg ‘n Bord Kos’- projek bekendgestel.
Die personeel verstaan dat dit nie vir almal moontlik is om in hierdie onseker en moeilike finasiële tye te kan bydra om die koskaste aan te vul nie maar hul vra die gemeenskap om ‘n gebalanseerde bord kos te borg bestaande uit groente of vrugte, stysel en proteine teen ongeveer R50 ‘n bord.
Bankbesonderhede:
Naam: Abraham Kriel Nylstroom Fonds.
Bank: Absa.
Tak: Modimolle.
Takkode: 632005.
Rekeningnommer: 4113 3977 88.
Verwysing: Bord en jou selfoonnommer.
Stuur die betalingsbewys of enige navrae na admin3@akknyl.co.za.
Die kinderhuis is dankbaar vir die bystand wat die gemeenskap en vriende gee en admireer diegene wat hul harte oopmaak vir ‘n goeie doel.




