Local News

Rooiseisoen: Bring brandstroke op standaard

Volgens wetgewing is elke grondeienaar (of huurder) verplig om 'n brandstrook aan hul kant van die grens tussen hulle en aangrensende grond voor te berei en in stand te hou.

MOKOPANE – Met minder as ‘n maand tot die amptelike begin van die brandseisoen op 1 Julie, waarsku Working on Fire (WoF) en die Brandbeskermingsvereniging grondeienaars én huurders om dringend hul brandstroke op standaard te bring.

Mark Wreyford, bestuurder van WoF in Mokopane, sê die veld is besonder dig en lank vanjaar ná ‘n nat seisoen en begin nou vinnig uitdroog.

“Wanneer die brande begin, is dit te laat om voor te berei. Oortreders van die veldbrandwet sal hierdie jaar vervolg word,” het hy benadruk.

Volgens wetgewing is elke grondeienaar (of huurder) verplig om ‘n brandstrook aan hul kant van die grens tussen hulle en aangrensende grond voor te berei en in stand te hou.

Hierdie bane dien as beskerming teen wegholbrande en bied toegangspunte vir brandbestryders om vure doeltreffend te keer.

Steven Vermaak van die Brandbeskermingsvereniging beklemtoon dat ‘n brandpermit verpligtend is vir enige tipe brand, selfs vir tuin- of huisvullis.

Hy sê oortreders sal streng vervolg word.

Beide Wreyford en Vermaak maan inwoners en boere om alle brande, hoe klein ook al, aan hulle te rapporteer en nooi boere uit om besprekings te maak vir hulp met brandstroke.

Vir meer inligting of om ‘n brand aan te meld kontak vir Mark Wreyford (WoF) by 083 650 7725 (WhatsApp) of vir Steven Vermaak (Brandbeskermingsvereniging) by 060 504 3827.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button