Help Hannes só na operasie
Aangesien daar 'n dringende behoefte is aan fondse vir verdere privaat mediese sorg, het die familie 'n kompetisie geloods met wonderlike pryse.
POLOKWANE – Hannes Badenhorst (54) is sedert 27 Mei in die Pietersburg Provinsiale Hospitaal nadat hy skielik by die werk inmekaar gesak het.
Sy vrou, Wanda, verduidelik dat hy inwendige bloeding opgedoen het en dadelik geopereer moes word om perforasies en skeure in sy maag te herstel. Volgens haar was daar geen vooraf tekens van ernstige siekte nie.
“Hy was net effe ongemaklik. Wat ons verstaan het, het ‘n punt van ‘n skroef afgebreek en in sy buik beland, wat die skade veroorsaak het,” vertel sy.
Hannes is intussen uit die hospitaal ontslaan en herstel tuis in ‘n steriele kamer wat Wanda ingerig het. “Sy wonde lyk goed en die infeksies is opgeklaar. Hy is egter nog swak en gedehidreer, en ons werk nou daaraan om hom sterker te kry,” sê sy.
Die Badenhorsts is pleegouers van hul twee kleinseuns wat hulle as hul eie aangeneem het.
“Hulle besef dinge is nie normaal nie. Die oudste een het gevra of sy oupa nou ook na sy mamma en pappa toe gaan. Die kleintjie is heeltemal in sy eie wêreld,” vertel Wanda.
Die familie beskryf Hannes as ‘n gesonde, sterk man wat selde siek word en altyd gereed is om ander by te staan, veral in sportspanne.
Sy gesondheid het almal onkant gevang. “Ons glo sy liggaam het net op ‘n punt gesê dis genoeg,” sê sy.
Aangesien daar ‘n dringende behoefte is aan fondse vir verdere privaat mediese sorg, het die familie ‘n kompetisie geloods met wonderlike pryse.
Die hoofprys is ‘n viernagwegbreek vir vier mense by Alpetra se Buffelsfontein Lodge, insluitend die geleentheid om ‘n rooibok en ‘n blouwildebees te skiet.
Die familie nooi die gemeenskap uit om betrokke te raak en ‘n verskil te maak in die Badenhorstgesin se lewe.
Ander pryse sluit in:
1. ‘n Maandpak van Steakshop ter waarde van R3 500.
2. ‘n Gesigbehandeling en pedikuur van Renewed Radiance.
3. ‘n Geskenkbewys van ‘Handgemaak deur Madelein’ ter waarde van R1 500.
4. Kaartjies kos R100 elk en is beskikbaar by Marisca (073 602 8805) of Helen (083 233 3931). Die trekking sal op 31 Julie plaasvind.
So skryf jy in:
Kies enige nommer tussen 1 en 500.
WhatsApp dit na Marisca of Helen.
Indien beskikbaar, sal jy ‘n bevestiging ontvang.
Betaal dan R100 per nommer in die volgende rekening:
Bankbesonderhede:
Naam: MS Wanda Badenhorst
Bank: FNB
Rekeningnommer: 62747500652
Verwysing: Jou naam
5. Stuur bewys van betaling per WhatsApp aan Marisca of Helen.




