Local News

Spore gevolg, lei tot gesteelde-items in Sterkrivier

Volgens inligting is een van die verdagtes geïdentifiseer as iemand wat voorheen op die plaas werksaam was na 'n inbraak in die Sterkrivieromgewing

MOKOPANE – Die Heritage Protection Group (HPG), Bassopa Antipoaching en die Tinmyne polisie is onlangs uitgeroep na ‘n inbraak op ‘n plaas in die Sterkrivieromgewing.

Hendrik Hattingh van HPG bevestig dat ‘n stoor oopgebreek is en verskeie items is gesteel.

“Die verdagtes het ook by die eienaar se huis motorbande gesteel. Ons het twee spore op die toneel gevind.”

Hattingh voeg by dat volgens die inligting wat hulle ontvang het, is een van die verdagtes geïdentifiseer as iemand wat voorheen op die plaas werksaam was.

Die spanne het die inligting opgevolg en een verdagte is op ‘n nabygeleë grondpad voorgekeer en teruggeneem na die toneel, waar sy skoensole ooreengekom het met die een stel spore wat op die toneel gevind is.

“Ons het die uitgaande spore gevolg en op ‘n gereedskapkas, motorbande en ander los gereedskap in ‘n sloot afgekom,” het Hattingh gesê en bygevoeg dat ‘n boormasjien, sweismasjien en ‘n hoekstypmasjien steeds soek is en na wat vermoed word saam met die ander verdagte by die grond pad opgelaai is.

Volgens die polisie is die verdagtes aan hulle bekend.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button