Local News

Gasontploffing: Magoebaskloof bly gesluit

Volgens berigte, het die vragmotor deur die versperring net bokant Magoebaskloof Ruskamp gebars vanweë remme wat onklaar geraak het.

POLOKWANE – Die Departement van Vervoer het bevestig dat die R71 vir eers gesluit bly vir motoriste terwyl nooddienstewerkers steeds op die toneel werksaam is.

Die waarnemende woordvoerder, Matome Taueatsoala, het gesê die brand in Magoebaskloof vroeg vanoggend was die oorsaak van ’n voorval waarby ’n vragmotor betrokke was wat gasbottels vervoer het, en nie ’n gastenker soos vroeër berig is nie.

@polokwanereview 🚨 A gas tanker exploded on the R71 in Magoebaskloof, Limpopo earlier this morning. One person has died, the road is closed, and emergency crews are on scene. Avoid the area! #Magoebaskloof #R71 #BreakingNews #polokwanereview #limpopo ♬ I feel lost in this world – Gabriél

Volgens berigte op ’n plaaslike nooddiens-WhatsApp-groep het die vragmotor deur die versperring net bokant Magoebaskloof Ruskamp gebars vanweë remme wat onklaar geraak het.

Die voertuig het omstreeks 01:00 aan die brand geslaan. Die brand is intussen geblus.

Foto: Verskaf

“Nooddienstewerkers is steeds op die toneel en alhoewel die meeste wrakstukke reeds verwyder is en die grootste deel van die brand in die omliggende bosgebied geblus is, bly die pas steeds gesluit. Ons het ook berigte ontvang dat die brand die eiendom van Warriors Basecamp bereik het en dat hulle besig is om dit te keer voordat dit die skuur op die perseel bereik,” aldus ‘n boodskap op die groep.

Daar is ook berig dat die bestuurder van die vragmotor ongedeerd van die toneel kon ontsnap.

Foto: Verskaf

Dit blyk volgens inligting, of daar geen ander voertuie betrokke was nie.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button