Local News

Boosdoeners slaan toe op natuurreservaat buite Mokopane

Met die inligting wat die span ontvang het, is die ander drie verdagtes opgespoor in die Mashashane nedersetting en daarna gearresteer.

MOKOPANE – Die Percy Fyfe Natuurreservaat het onlangs twee blouwildebeeste verloor na boosdoeners die diere geskiet het.

“Die verdagtes het die karkasse opgesny in stukke om na die pad toe te dra, waar ‘n voertuig gewag het,” verduidelik Hendrik Hattingh van die Heritage Protection Group (HPG).

Hy voeg by dat die veldwagters op die toneel afgekom het.

“Drie van die vier verdagtes het weggehardloop, die vierde verdagte is gearresteer en aan die polisie oorhandig en daar is beslag gelê op die voertuig.”

Met die inligting wat die Percy Fyfe natuurbewaringsbeamptes, die polisie, die veediefstaleenheid, HPG en Working SA Sekuriteit ontvang het en die spoedige leidrade wat opgevolg is, is die ander drie verdagtes opgespoor in die Mashashane nedersetting en daarna gearresteer.

Die boosdoeners het by die stoor ingebreek en verskeie items gesteel.

Slegs ‘n paar dae later is HPG weer uitgeroep na ‘n inbraak op ‘n plaas in die Percy Fyfe-omgewing.

“Die werkers se kamers is oopgebreek en omgekeer. Die verdagtes het ook ‘n draad by die skaapkraal oopgeknip en ‘n skaap gesteel,” aldus Hattingh.

Volgens hom het die verdagtes daarna na die stoorkamer gegaan waar ‘n batterylaaier, bore, sae, ‘n bossiekapper en los items gesteel is. “Ons het die spore van vier verdagtes vir etlike kilometers gevolg en van die items is langs die pad gevind. Die spore het ons gelei tot by ‘n nabygeleë nedersetting waar die spore verlore geraak het.”

Hattingh sê dat die polisie in kennis gestel is en dat die saak verder ondersoek word.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button