Local News

Veediefstaleenheid se hande vol met slagting van beeste

Veral beesslagtings het onlangs weer in die Helderfonteinomgewing buite Mokopane posgevat.

MOKOPANE – Die Heritage Protection Group (HPG), die veediefstaleenheid en die polisie het steeds hul hande vol met die slagting van vee.

Veral beesslagtings het onlangs weer in die Helderfonteinomgewing buite Mokopane posgevat.

“Een bees is in die kraal geslag, waarna die verdagtes die vleis net daar opgesny het,” het Hendrik Hattingh van HPG verduidelik. Die oorblywende ingewande en dele van die vet is ‘n ent daarvandaan in erdvarkgate gegooi en die maaginhoud is gestrooi in die kraal en met grond bedek.”

Daar is ook bewyse gekry dat die vleis op kruiwaens gelaai is en na die naaste nedersetting gestoot is, het hy gesê.

“Die verdagtes het takke afgebreek en hul spore toegevee, maar dié is later weer gevind deur bloedspatsels wat op die gras opgemerk is. Dit is gevolg tot by ‘n spruit waar hulle die vleis en kruiwaens op ‘n donkiekar gelaai het om vermoedelik verder na die nedersetting te vervoer.”

Volgens Hattingh het die groep die spore gevolg tot by ‘n huis waar daar dele van die vleis gevind is.

“Monsters is daar geneem vir DNS-toetse. Die polisie sal die saak verder ondersoek.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button