Local News

Maak kinders se kosblikke vol saam Helpende Hand

By Helpende Hand word daar tans 8 000 kinders daagliks gevoed met die #StopHonger en Kosblikkie-projek.

POLOKWANE – Gr. R-leerders en hulle jonger vriende sien dikwels uit na pouse, nie soseer om te speel nie, maar om te sien wat Mamma alles in die kosblik gepak het.

Kraakvars broodjies met ham en kaas, vrugtelekkers, dalk biltong en droëwors, afgerond met vrugtesap. Dikwels is die snoepiery die eerste stop vir pouse om daar lekker pizza of warm slaptjips te koop.

Ongelukkig is hierdie senarios nie vir almal beskore nie.

Sommige leerders gaan haal ‘n kospakkie, met heerlike, gesonde happies in, by die kantoor, en nog ander, maak ‘n verskoning op soos dat hulle hulle kosblik by die huis vergeet het, net sodat hulle maats nie moet weet dat hulle eintlik nie ‘n kosblik het nie.

By Helpende Hand word daar tans 8 000 kinders daagliks gevoed met die #StopHonger en Kosblikkie-projek.

Dié is daarop gemik om te sorg dat kleuters elke dag een voedsame bord kos ontvang.

“Die hooffokus van die projek is om behoeftige kleuterskole te ondersteun met die voeding van kleuters. Danksy die voedingsprojek word die kleuters as fisiek sterker bestempel. Hulle groot- en kleinmotoriese vaardighede asook hulle intellektuele en emosionele ontwikkeling baat by die voedsame maaltyd. Dit beteken dat hulle gehoorsamer is, hulle take makliker kan verrig en dat hulle selfvertroue verbeter,” sê Carol Ankiewicz, maatskaplike werker by Solidariteit Helpende Hand Limpopo Streek.

Helpende Hand ontvang ook versoeke om kinderhuise, ouetehuise en behoeftige gesinne te help en daarom is bykomende veldtogte soos #StopHonger en #HelpJag begin om die Kosblikkieprojek aan te vul.

“Elke maaltyd wat aan ‘n behoeftige kleuter gegee word, is ‘n vriendelike gebaar wat die krag het om lewens te verander en die toekoms van ons land te vorm. Deur by te dra tot voedsame kos vir behoeftige kleuters, dra ons bord vir bord by tot ‘n hoopvoller samelewing.”

Daar is twee maniere om te help. Lesers kan ‘n finansiële bydrae maak of ‘n kosblikke pak en voorsien.

Besoek https://helpendehand.co.za/kosblikkie/ vir aanwysings oor wat in die kosblik gepak kan word.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button