Gholfstokke swaai om vierpote te help
Sowat 64 gholfspelers het die dag met ywer aangepak in 'n 'American Scramble 2-ball' formaat.
MOKOPANE – Gholfspelers het onlangs hul deel bygedra om die Mokopane DBV te help.
“Ons wil graag probeer om jaarliks ‘n gholfdag aan te bied ten bate van die DBV. Verlede jaar het Ooba Home Loans by Kameeldoring Gholfklub die gholfdag aangebied, en vanjaar het ons eie DBV-span die organisasie en beplanning gedoen by die Mookgophong Gholfklub. Omdat Mokopane DBV so ‘n wye area bedien, voel ons die ander dorpe kan ook betrek word,” vertel Meliska Pieterse, DBV Mokopane administrateur en Martin van Bregging, organiseerder.
Sowat 64 gholfspelers het die dag met ywer aangepak in ‘n ‘American Scramble 2-ball’ formaat. Die wenspan van die dag was Comar Fuels, en die span met die meeste gees was Mokue Safaris.

Die borge wat die dag moontlik gemaak het was Arrie Nel Pharmacy Mookgophong, Aventus, Bargain Centre, CA General, CG Water, CK Signs, Die Boer en die Belg, Dr Vogel, Fusion Hotel, GG Buy and Sell, KBoolas, Lady Africa Bush, Lifestyle Café, MFR Engineering, Modern Living, Nyl Kwekery, Pieter Swanepoel, Rand Super Store, Reivilo Jewellery, Savuti, Seeff, Spif Chickens, Steyn Steel, The Hank, Thaba Nkwe Bush Lodge, Tika Solar, VW Mokopane, VF Plus, WestPack & Petzone, Zebula Adventure with Elephants, Olifant Oasis, Alida Goosen en Rainbow.
“Baie dankie aan al ons borge. Sonder julle sou die dag werklik nie kon gebeur nie. Julle is die hart van wat die DBV aan die gang hou. Ook ‘n groot dankie aan al die gholfspelers wat ingeskryf het – julle het met soveel gees gespeel, julle is die beste! Ons wil ‘n spesiale dankie sê aan: Die Boer en die Belg, Gert en Lizette van Zyl wat die worsrolle gebraai en bedien het, en alles seepglad laat verloop het. Jaques King van Ice Age Climate Control wat vir ons alles wat ons nodig gehad het van Mokopane na Mookgopong vir die dag heen en weer vervoer het, vir Koos de Beer wat ons afslaer was en Yolandie Pheiffer wat ons foto’s geneem en geborg het. Ons waardeer julle opreg,” voeg Meliska en Martin by.




