Senior klaswenner in die voorgeskrewe onderwerp afdeling is Gretha du Plessis.
MOKOPANE – Fotograwe van die Potties Fotoklub het onlangs weer bymekaargekom tydens hulle maandelikse byeenkoms om te hoor wie Augustus se wenners was.
Die voorgeskrewe onderwerp vir dié maand was ‘n portret van ‘n bejaarde persoon.
Die beoordelaar was Johan Drotsky, wat goeie raad aan die fotograwe gegee het oor hoe om hulle fototegnieke op te skerp.
Hendrik Vorster het gewys hoe daar foto’s geneem moet word en wen die senior afdeling, asook die algehele maandwenner, terwyl Dries Roodt as junior maandwenner aangekondig is.
September se voorgeskrewe onderwerp is ‘Dans’.
Dries Roodt se foto is aangewys as die junior maandwenner asook die voorgeskrewe afdelingwenner.
In die junior klas, monokroomafdeling stap Annalize Steyn weg as wenner.
Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.