Local News
FOTO’S: Polokwane Bierfees ‘n groot sukses met Duitse opskop
Gaste by die Bierfees by Hiesterhoff het reeds van vroeg af bymekaargekom vir ‘n lekker kuier terwyl die Oempah Band seker gemaak het die dansvloer bly vol.
POLOKWANE – Die eerste Bierfees by Hiesterhoff het Saterdagaand plaasgevind en was volgens die organiseerder, Alta Hiestermann, ‘n groot sukses.
Gaste het reeds van vroeg af bymekaargekom vir ‘n lekker kuier terwyl die Oempah Band seker gemaak het die dansvloer bly vol.
Die gaste het in Duitse drag by die dans opgedaag en nuwe vriendskappe gebou deur die aand
. “Ek sê nie maklik nee vir ‘n regte Duitse opskop nie. Dit is altyd ‘n lekker kuier,” het een van die gaste, Teuns Minnaar, opgemerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


















