Local News

Tommie hou Polokwane se naam hoog in sweis en metaal

Iwan Visagie het onlangs aan die National Skills Competition deelgeneem waar hy as die nasionale wenner in sweis en metaal aangewys is.

POLOKWANE – Wat begin het as ‘n stokperdjie saam met sy pa, het vir Iwan Visagie (16) van HTS Tom Naudé ‘n passie geword wat hom landswyd erkenning besorg het.

Terwyl hy een dag saam met sy pa gesweis het, het Iwan besef dat hy ‘n natuurlike aanleg en liefde vir die vak het.

Vandag is sweis en metaal een van sy gunsteling vakke by die skool, en sy harde werk het hom onlangs groot sukses besorg.

Iwan het aan die National Skills Competition deelgeneem, ‘n inisiatief van die Sasol Foundation en Kagiso Trust, waar hy as die nasionale wenner in sweis en metaal aangewys is.

Lees ook: Top toekenning vir oud-Tommie Damian

Hierdie prestasie het nie net aan hom ‘n Takealot-geskenkbewys besorg nie, maar ook ‘n beurs ter waarde van R72 000 van die Suid-Afrikaanse Instituut van Sweis (SAIW), wat hy sal gebruik sodra hy sy skoolloopbaan voltooi het.

“Om die prys te wen, moes ons ‘n boekrak herontwerp omdat die oorspronklike plan vol foute was. Ons moes die probleme identifiseer en regstel. Die kompetisie was baie lekker, dit was ook die eerste keer dat ek deelgeneem het,” vertel hy trots.

Iwan droom daarvan om ná skool ‘n ketelmaker te word. Hy sê nadat hy die eerste keer per ongeluk deur die staal gebrand het wat hy gesweis het, het hy eenvoudig net meer geoefen, en hy dit doen steeds in sy vrye tyd.

“Ek het tweede geëindig in die provinsiale ronde van die kompetisie. In 2027 kry ek moontlik die geleentheid om na China te gaan, geborg deur die kollege,” verduidelik hy verder.

Sy raad aan ander jong sweisers is eenvoudig maar waardevol: “Hou aan oefen. Maak seker van jou ampere, hou jou oë op die sweisstokkies, en luister altyd na raad van ervare sweisers – jy leer baie daaruit”.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button