Local News

Limbosfees 2025 ‘n eerste vir Polokwane, verwagtinge oortref

Die hoogtepunt van die eerste Limbosfees se program was die beoordeling van die uitstallings, gevolg deur 'n prysuitdeling.

POLOKWANE – Die eerste Limbosfees in Polokwane is verlede Saterdag by die veilingskrale by die ou Polokwane skouterrein buite die stad gehou.

Die Limbosfees is vorige jare op die plaas van Des Vermaas op Bandelierkop gehou en volgens organiseerder Willie O’Brien is die fees vanjaar deur die Bosveld Simmentalerstudiegroep saam met afslaers André Kock en Seuns aangebied om ‘n groter getal belangstellendes te trek.

Hekke het om 08:00 vir besoekers geopen en voorbereiding het begin, met die amptelike opening om 09:00.

Om 10:00 is daar ‘n praktiese demonstrasie en aanbieding oor teeldiere aangebied en die klem het op Simmentalerbeeste, die waarde van die ras in die beesbedryf en strukturele korrektheid, vrugbaarheid en groei geval. Die aanbieder was Jamie Berger, voorsitter van die SA Simmentalergenootskap.

Die reëlingskomitee van Limbosfees 2025: Tracey du Toit, Jannie de Beer, Kobus de Lange en voorsitter Willie O’Brien. Assistente Jack Mashabane en Isaac Maluleke hou die beeste in bedwang.

Besoekers het ‘n verskeidenheid van kosstalletjies ondersteun en die uitstallings van voertuie, implimente en boerderyverwante items besoek.

Die hoogtepunt van die dag se program was die beoordeling van die uitstallings, gevolg deur ‘n prysuitdeling. Die stalletjie van MGM Earthmoving Equipment het die eerste plek gehaal en die goue toekenning ontvang, terwyl All Power en BGB Savannahs (bokke) onderskeidelik die tweede en derde plek ingeneem het en trots hul silwer en brons toekennings ontvang.

Daar is ook ‘n beesgewigskatting van ‘n jong Simmentaler-Brahmaankruising aangebied.

O’Brien en sy reëlingskomitee bestaande uit Tracey du Toit, Jannie en Jean de Beer en Kobus de Lange was reeds ‘n geruime tyd besig met beplanning en was nie teleurgestel nie.

“Vanjaar se geleentheid was ‘n reuse sukses en ons sien uit na volgende jaar se Limbosfees wat nog groter sal wees, sê O’Brien.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Barry Viljoen

Barry Viljoen is a seasoned journalist who freelances for the Polokwane Review-Observer.

Related Articles

Back to top button