Local News

Tassie-projek bring tasse vol moontlikhede in Mokopane

Hierdie tassie is meer as net skoolbenodigdhede, volgens Carol Ankiewicz, streekorganiseerder van Helpende Hand.

MOKPANE – Solidariteit Helpende Hand se skooltassieprojek bestaan reeds sedert 2007 en het ten doel om gr. 1-leerders in behoeftige gemeenskappe toe te rus met ‘n tas propvol skryfbehoeftes, sodat elke kind sy of haar skoolloopbaan met selfvertroue en op gelyke voet met hul maats kan begin.

Hierdie tassie is meer as net skoolbenodigdhede, volgens Carol Ankiewicz, streekorganiseerder van Helpende Hand.

Cindy Jansen van Rensburg en Almarie de Beer vat hande om deel te wees van die tassie-ervaring. Onder: Elna Gouws, Liesl de Jager, Anza van Vuuren en Carol Ankiewicz, streeksorganiseerder van Helpende Hand, deel met trots tassies uit.

“Dit is ‘n teken van hoop, ‘n sleutel tot gelyke kanse en die eerste tree op ‘n pad met moontlikhede. In Limpopo-streek is ons besonders dankbaar, want hierdie jaar deel ons 99 tassies uit aan leerders wat gr. 1 in 2026 betree. Elke leerder ontvang nie net die noodsaaklike skryfbehoeftes nie, maar ook ‘n Bybel om hul geloofsreis saam met hul akademiese reis te begin,” sê Carol.

Helpende Hand nooi almal wat wil help om deel te wees van hierdie reis: As jy ‘n tassie wil borg, ‘n skenking wil maak of op ander maniere wil betrokke raak, skakel vir Carol by 062 560 4300 of stuur ‘n e-pos na carol@helpendehand.co.za.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button