Local News

Polokwane-gemeenskap onthou Frans Gouws (57)

Frans is enkele dae voor sy dood met Stevens-Johnson-sindroom gediagnoseer nadat hy ‘n ernstige allergiese reaksie op medikasie ontwikkel het.

POLOKWANE – Slegs vyf dae voor Kersfees moes Frans Gouws (57) se familie finaal van hom afskeid neem.

Frans is enkele dae voor sy dood met Stevens-Johnson-sindroom gediagnoseer nadat hy ‘n ernstige allergiese reaksie op medikasie ontwikkel het. Sy vrou, Marion, verduidelik dat die sindroom ernstige infeksies kan veroorsaak wat tot sepsis kan lei.

“Hy het die dokter besoek nadat hy pynlike rooi sere oor sy liggaam en in sy keel ontwikkel het. Die dokter het hom met Stevens-Johnson-sindroom gediagnoseer en hy is die daaropvolgende Woensdag opgeneem. Die simptome is soortgelyk aan derdegraadse brandwonde en pasiënte word gewoonlik in ‘n brandeenheid behandel,” het sy gesê.

Volgens Marion het die sindroom Frans se vel en slymvliese aangetas, wat sy liggaam se vermoë om die infeksie te beveg, ernstig benadeel het. “Hy het reeds hartprobleme gehad wat met medikasie beheer is, maar die infeksie het sy tol geëis en hy het twee hartaanvalle gehad,” het sy bygevoeg.

Frans word deur sy familie as ‘n toegewyde familieman onthou. “Sy kinders en kleinkinders was sy hele wêreld en hy sou enigiets vir hulle doen,” sê Marion.

Hy het ook ‘n passie gehad om ander te help en was deur sy werk by Ooba betrokke by verskeie gemeenskapsprojekte, waaronder die insameling van skryfbehoeftes en hulp met die bou van huise vir minderbevoorregtes.

Hy sal onthou word vir sy groot hart, vriendelikheid, saggeaardheid en geduld. Volgens sy familie het hy altyd ander se belange bo sy eie gestel en was hy uitstekend met probleemoplossing.

Buiten sy liefde vir mense, het Frans ook ‘n groot liefde vir hamburgers gehad, iets wat sy familie altyd sal koester.

Kollegas by Ooba beskryf hom as ‘n mentor, ‘n lojale vriend en ‘n kundige konsultant met ‘n besonderse sin vir humor. “Frans se afsterwe laat beslis ‘n groot leemte,” het verskeie kollegas gesê.

Frans word oorleef deur sy vrou Marion, sy dogters Maryke en Simoné, Simoné se verloofde Dean Smit, drie kleinkinders, sy broers Johan en Steven, en sy suster Elmarie van Zyl. Sy gedenkdiens vind môre (Vrydag) om 10:00 by die Taberna Dei Moederkampus plaas.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button