Local News

Polokwane: ‘n Stad van ouds, en tog ook nuut

Polokwane Observer het met jarelange inwoners in die stad gaan gesels oor wat hulle van die stad van ouds onthou.

POLOKWANE – Aan die begin van die jaar kyk ‘n mens gewoonlik eerder vorentoe as terug, maar sonder ons herkoms het niemand ‘n toekoms nie.

Polokwane Observer het met jarelange inwoners in die stad gaan gesels oor wat hulle van die stad van ouds onthou.

Wessel Cronjé woon reeds 31 jaar in Polokwane nadat hy in September 1994 by Oosskool aangesluit het. Hy erken dat die ontvolking van die platteland duidelik sigbaar is.

“Daar is reeds in die 1990’s voorspel dat hier net twee Afrikaanse laerskole in die dorp sal wees en dit is onrusbarend dat hier van die vyf N.G. Kerkgemeentes nou slegs drie oor is. As ‘n mens eerlik is, sal jy erken dat net twee kerke ook genoeg sal wees.”

Wessel sê dat alhoewel sy familie almal in Johannesburg bly, hy Polokwane vir niks sal verruil nie.

“Ek het een keer gehoor dat as jy in die hemel is, verlang jy terug Polokwane toe,” vertel hy tong in die kies. “Polokwane se weer is die gematigste in die wêreld en ek is lief vir die dorp.”

Die stad het volgens Wessel, baie uitgebrei sedert hy drie dekades gelede hier kom nesskop het.

“Daar is soveel nuwe woonbuurte en ek sien daar word nou een bo Baobab Gardens ook gestig. Die plek staan nie stil nie. Ongelukkig het die algehele instandhouding van die stad wel ook baie agteruitgegaan. Ek wil nie kla nie, hier is baie om voor dankbaar te wees.”

Soggens, lank voor dagbreek, sal Wessel in die tuin gaan sit en mediteer. Daarna hou hy hom besig met sy verfwerk of lees. Hy glo dat dit belangrik is om in die gemeenskap betrokke te wees.

“Hoe meer betrokke jy is, hoe gelukkiger is jy. Ek het baie mense leer ken, deur die onderwys asook my radiowerk. Ek vind my vreugde deur my skilderwerk en laat nie toe dat ander mense my vreugde steel nie. Ek is ook lief vir kultuur en drama en my pa is verantwoordelik vir my passie vir die tale wat ek het.”

Wessel sluit af met die woorde ‘as jy nie meer hoop het nie, is jy verlore’.

“Ek sal altyd hoop vir die stad hê en aanhou op die positiewe fokus.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button