Local News

Tommies verwelkom gr. 8-ridders

Deur tot ridder geslaan te word, verbind die Tommies hulle tot die waardes van respek, lojaliteit, trots en dissipline.

POLOKWANE – Een van die jarelange tradisies by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé is die inhuldiging van nuwe personeel en die gr. 8’s.

Dié nuwelinge is op 14 Januarie amptelik ingehuldig as Tommies, tydens die tradisionele swaardseremonie waar skoolhoof Vanessa Kachelhoffer elke nuweling tot ridder slaan. Hierna is elkeen ‘n volwaardige Tommie.

Edward Manyathela, wiskunde onderwyser, word deur skoolhoof Vanessa Kachelhoffer, ingelyf as deel van die Tommie-familie.

Voor hulle egter tot ridder geslaan kan word, lê hulle die Tommie-eed af. Hierdie seremonie verteenwoordig meer as net ‘n eenvoudige verwelkoming. Deur tot ridder geslaan te word, verbind die Tommies hulle tot die waardes van respek, lojaliteit, trots en dissipline. Hulle word deel van ‘n groter skoolfamilie, met ‘n verantwoordelikheid om hierdie waardes op die skoolterrein asook ander dele van hulle lewens te handhaaf.

Vanessa Kachelhoffer slaan vir Etienne Wilters tot ridder as personeellid.

Aan die einde van die leerders se gr. 12-jaar word hierdie tradisie weer herhaal en vorm dit ‘n sirkel wat voltooi is.

“By Tom Naudé doen ons meer as om op te voed. Ons bou karakter, identiteit en trots. Die swaardseremonie herinner ons daaraan dat jy nie alleen ‘n Tommie word deur by die skool ingeskryf word nie, meer eerder een deur waardes, tradisie en jou toewyding.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button