Local News

Joshua (4) van Polokwane leef voluit al is hy ‘anders’

Ons het nie 3D- of 4D-skanderings tydens die swangerskap gedoen nie en het eers met sy geboorte uitgevind hy het hierdie toestand.

POLOKWANE – Joshua Roggeband (4) kyk selfversekerd oor sy skouer wanneer hy sy Jeep in trurat sit en agtertoe ry. Net voor die muur stop hy, sit die voertuig in eerste rat en ry vorentoe, net soos meeste ander seuns van sy ouderdom.

Maar anders as die meeste kinders het Joshua net een oorskulp, en sy kaak is aan die linkerkant korter. Sy ma, Karlien, verduidelik dat Joshua met hemifasiale mikrosomie gebore is.

“Joshua is my en my man, Jaco, se eerste kind. Ons het nie 3D- of 4D-skanderings tydens die swangerskap gedoen nie en het eers met sy geboorte uitgevind hy het hierdie toestand. Dit was traumaties, want jy verwag dit nie,” sê sy.

Die gesin het verskeie dokters en oudioloë geraadpleeg voordat Karlien met dr. Engela Honey, ‘n genetikus in Pretoria, in aanraking gekom het. Sy kon onmiddellik ‘n diagnose maak. “Dit word veroorsaak deur ‘n tekort aan suurstof na die fetus, wat onderontwikkeling veroorsaak. Dit is nie iets wat die ma gedoen of geëet het nie, dit verskil van kind tot kind en is nie geneties nie,” verduidelik Karlien.

Joshua hoor 100% met sy regteroor, maar die linkeroor het geen oorkanaal nie. ‘n ABR-toets het bevestig dat sy koglea funksioneer.

“Dit is net die kanaal en oorskulp wat nie ontwikkel het nie. Plastiese sjirurge kan deesdae met 3D-druk ‘n oorskulp maak, en ons hoop om dit in die toekoms vir hom te doen.”

Joshua Roggeband (4) geniet dit om met sy Jeep te ry.

‘n Spraakterapeut het verlede jaar bevestig dat Joshua ver ontwikkel is. Hy sukkel wel om klankrigting te bepaal, en Karlien moet presies sê waar sy is wanneer sy hom roep. Sy balans is egter uitstekend en hy geniet dit om fiets te ry. Die toestand affekteer nie sy brein of ander organe nie, en sy korter kakebeen kan met ‘n relatief eenvoudige operasie herstel word.

“Tot onlangs was Joshua onbewus daarvan dat hy anders lyk, maar sy maats begin vrae vra. Hy het vir een gesê sy klein oor is by Jesus,” vertel Karlien.

Sy hoop mense sal nuuskierig wees, maar nie na hom toe wys, en staar nie. “Ons wil hê Joshua moet weet hy gaan altyd uitstaan. Hy gaan altyd Joshua wees met een oor, maar wat mense daarna sê, maak saak.”

Joshua se gunstelinge:

• Mamma se pasta, sjokoladepap en hoenderstukkies.

• Swart sap (Coca-Cola)

• Jeep ry, fietsry en bak-en-brou.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button